Die elektromagnetiese spektrum is die hele frekwensiereeks elektromagnetiese golwe wat van kosmiese golwe tot laefrekwensie- radiogolwe strek. Die reeks frekwensies wat vir gewone radioverbindings gebruik word strek van 30 Hz tot 300 GHz. Onthou net dat hoe korter ’n elektromagnetiese golf is, hoe hoër is sy frekwensie.
INFRAROOI MIKROGOLWE RADAR KOMMUNIKASIE
Die frekwensiereeks wat strek van 30 Hz tot 300 kHz word meesal gebruik vir duikbote onder water en radiobakens. Die frekwensies tussen 300 kHz en 30 MHz is meer veelsydig en dit is waar die meeste globale kommunikasie plaasvind. Hierdie band word veral gebruik vir plaaslike en streekkommunikasie, bv. AM-uitsaaistasies, militêre kommunikasie, handelsvlugte, ens.
Figuur 10.2: Elektromagnetiese spektrum
Die ultrahoë frekwensiereeks 30 MHz tot 300 MHz word oorwegend gebruik vir siglyn- kommunikasie. Die vernaamste gebruik is vir FM-uitsendings, TV-uitsendings (kanale 2-13), lugvaartbeheer, skeepsvaart beheer naby die kus en ruimte telemerie.
Die frekwensiereeks van 300 MHz tot 3 000 MHz, die ultrahoë reeks, word gewoonlik gebruik vir TV-uitsendings (UHF-kanale), radar, selfone, openbare veiligheid en satelliet-kommunikasie. Baie ander verbruikersprodukte wat kommunikasieskakels gebruik, word in hierdie frekwensiereeks gevind. Dit sluit koordlose telefone, radio-interkom, babamonitors en selfs afstandbeheerde voertuie in.
Die boonste elektromagnetiese reeks van 300 GHz tot 430 THz is waar ’n mens infrarooiseine vind. Infrarooiseine word gewoonlik in mikron gemeet in plaas van frekwensies. Dit word gebruik om hittebronne in die omgewing, die ruimte en vervaardigingsprosesse op te spoor.
Die hoogste band in die elektromagnetiese spektrum is die X-strale wat vir mediese en militêre aanwendings en vir die opspoor van foute gebruik word.
Jy kry moontlik meer met die elektromagnetiese spektrum te doen as wat jy besef. Die mikrogolfoond waarmee jy jou kos warm maak en jou selfoon gebruik albei die elektromagnetiese spektrum. Die lig wat ons oë kan sien, is ook deel van die elektromagnetiese spektrum. Hierdie sigbare deel van die elektromagnetiese spektrum bestaan uit die kleure wat ons in ’n reënboog sien – van rooi en oranje tot blou en pers. Die figuur hierbo is ’n voorstelling van die elektromagnetiese spektrum.