Wat is noodhulp? Basiese noodhulp verwys daarna om sorg en steun aan iemand wat in ’n ongeluk betrokke was of wat ongesteld is te verleen. Hierdie sorg word gewoonlik verleen deur ’n leek totdat meer kundige sorg in die vorm van ’n verpleegster, paramedikus of dokter opdaag.
Noodhulp
Soos vroeër in hierdie hoofstuk bespreek, is noodhulp net so belangrik soos basiese veiligheid in die werkswinkel. Kennis van noodhulp kan die verskil tussen lewe en dood beteken. Die BGV-wet bepaal dat die werkgewer redelike stappe moet doen om te verseker dat die werker in noodgevalle onmiddellik noodhulp sal ontvang. Die Wet bepaal dat elke werkswinkel minstens een noodkhulpkas moet hê en vereis dat dit die minimum voorgeskrewe noodhulptoerusting moet bevat. Noodhulpkaste moet duidelik gemerk word en almal moet weet waar dit is. Dit is belangrik dat ’n persoon wat in noodhulp opgelei is, beskikbaar moet wees. So ’n persoon neem dan ook verantwoordelikheid vir die noodhulpkas van die werkswinkel.
“Net om veiligheid weer
onder julle aandag te bring, het ek ’n voormalige medewerker spesiaal genooi om met julle te kom praat”
Figuur 1.5: Noodhulp kassie
Dit word bereken dat daar vyf miljoen MIV-positiewe persone in Suid-Afrika is. Jy moet daarom by die aanraak van beseerdes elkeen hanteer asof hul MIV-positief is. Maar moenie te senuagtig raak nie – dit is hoogs onwaarskynlik dat jy die siekte sal opdoen indien jy die reëls nakom. Honderde dokters en verpleegpersoneel behandel daagliks MIV-pasiёnte in hospitale maar geen gevalle van besmetting is bekend nie. Inteendeel, dit is meer waarskynlik vir ’n helper om die siekte oor te dra na ’n beseerde wat behandel word as andersom.
Hoe veilig is dit om noodhulp aan ’n beseerde te verleen?
Moet jouself NOOIT daarvan weerhou om noodhulp te verleen aan ’n ernstig beseerde persoon nie. Onthou dat MIV/Vigs NIE op enige van die volgende maniere oordraagbaar is nie: • Deur aanraking, handskud met iemand met wie jy werk • Deur kookgereedskap of eetgereedskap te deel • Deur trane, speeksel, hoes en nies • Deur vlooie of muskiete.
Vir jou eie veiligheid en dié van die beseerde, is die toepassing van soveel moontlik van die volgende voorsorgmaatreëls noodsaaklik: • Beweeg eers die beseerde wanneer bloeding onder beheer is • Dra rubberhandskoene of gebruik ’n skoon plastieksak wat om jou hande gevou is