Tabel van letterkodes vir kapasitortoleransies Letter
Toleransie
C <10 pF ±pF 0,1 C >10 pF ±%
Kyk na die kapasitor hieronder.
Die kapasitor links is van die keramiekskyſtipe en dra die kode 473J op die romp. Dit kan omgesit word as: 47 pF × 1 000 (3 nulle) = 47 000 pF , 47 nF of 0,047 µF Die J dui op ’n toleransie van ± 5%.
Deur bloot na die syfer- en letterkodes op die kapasitor se romp te kyk, kan ons maklik sy kapasitansiewaarde in piko-, nano- of mikrofarad bepaal en hierdie kodes word hieronder saam met die gelykwaardige kapasitansies getoon.
Reëlbare kapasitors Die afeeldings hieronder verteenwoordig die twee tipes reëlbare kapasitors; links is ’n groot reëlbare lugkapasitor waar tande gebruik word om die gaping tussen die kontakpunte te stel en so die kapasitansie te verander. Die tweede een is ’n kleiner reëlbare kapasitor wat ook ’n kleiner kapasitansiewaarde sal hê. Hierdie tipe reëlbare kapasitor is gewoonlik vir montering op etskaarte geskik.
B C D F G J K M Z 0,25
0,5 0,5
1 1
2 2
5 10 20 +80-20
5
Figuur 5.30: Verskillende soort reëlbare kapasitors
Halfgeleiers
Die dotering van halfgeleiers Die toevoeging van ’n klein persentasie vreemde atome (onsuiwerheid) in die kristalrooster van silikon of germanium veroorsaak dramatiese veranderings in hierdie elemente se elektriese eienskappe, waardeur halfgeleiers van die N-tipe en P-tipe gevorm word.
Antimoon Arseen Fosfor
Onsuiwerheid-skenker Antimoon
Boor
Aluminium Gallium
Boor Onsuiwerheid-ontvanger Figuur 5.31: Onsuiwerheid skenkers 99