This page contains a Flash digital edition of a book.
Beveiligingstoestelle


7


1. Bedieningshefoom – word gebruik om die stroom per hand te onderbreek en die stroombreker terug te stel. Dui ook die stand van die stroombreker aan (aan of af/uitgeklink). Die meeste brekers is so ontwerp dat hulle nog kan uitklink al word die hefoom vasgehou of in die “aan”-stand gesluit. Dit word soms “vry uitklinkbedryf” of “positiewe uitklinkbedryf” genoem.


2. Aktiveringsmeganisme – druk die kontakpunte teen of uit mekaar.


3. Kontakpunte – laat stroom deur as hulle toe is en onderbreek stroom as hulle oop is


4. Aansluiters 5. Bimetaalstrook 6. Stelskroef – hiermee stel die vervaardiger die toestel se uitklinkstroom presies in na vervaardiging


Figuur 7.8: Termies-magnetiese stroombrekers Aardlekbeveiliging


Om die begrip agter die aardlekeenheid te verstaan, kyk ons eers na ’n driepenprop. Daar is drie drade wat die prop binnegaan, soms net twee. Om enige elektriese toestel te laat werk, moet dit met die lewendige en die neutrale toevoer verbind wees. As jy die neutrale geleier ontkoppel, sal die toestel nie werk nie, al is daar krag op die lewendige draad. Dit is omdat ons ’n oop of onderbroke stroombaan het – die stroom kan nie deur die neutrale lyn terugvloei nie. Ons het dus twee drade nodig om die stroom te laat vloei en dis bloot logies om die gevolgtrekking te maak dat die hoeveelheid stroom wat langs die lewendige lyn vloei, presies net so groot moet wees soos die stroom wat langs die neutrale lyn terugvloei. ’n Mens sou reken dis vanselfsprekend en in ’n ronde elektriese stroombaan is dit korrek, maar sodra daar ’n mens ter sprake kom, het jy ’n probleem.


Afgesien daarvan dat ons fisieke en psigologiese probleme het, het ons mense ook ander probleme – naamlik dat ons elektrisiteit gelei. Ons doen dit nie baie goed nie, maar ons liggaamlike elektriese weerstand is laag genoeg dat normale huishoudelike stroom daardeur kan vloei.


Om terug te kom na die stroombaan: Ons het ’n stroom wat met die lewendige draad langs kom, deur die elektriese toestel en terug deur die neutrale draad. Kom ons neem aan dat iemand die kabel na hierdie toestel beskadig het en dit probeer herstel sonder om die toestel se leiding te ontkoppel. Hy raak aan die lewendige draad en kry ’n skok. Hoekom? Omdat die stroom deur sy liggaam na die vloer waarop hy staan, lek (wat ons “aarde” noem). Het die stroom wat met die neutrale draad terugvloei, nog dieselfde waarde as die stroom wat deur die lewendige draad toegevoer word? Die antwoord is nee, want van die stroom het deur die persoon uit die stroombaan uitgelek na die aarde. Vandaar die uitdrukking “aardlek”.


Dink aan jou elektriese stroombaan as ’n tuinslang vol water. Iemand steek ’n gaaitjie daarin en veroorsaak ’n lekkasie. Vanweë die lek is die volume water wat by die pyp uitloop, nie dieselfde as wat daar invloei nie. ’n Eenvoudige analogie, maar dit help ons verstaan wat aangaan.


As ons nou ’n toestel sou hê wat die stroom in die lewendige draad akkuraat kon meet en dit dan deurlopend vergelyk met die stroom wat in die neutrale draad terugvloei, sou ons kon sien of daar ’n verskil tussen die twee is. Die toestel sou dan die krag afskakel. Dit sou voorkom dat Hansie Slim, wat nog steeds geskok word terwyl hy die koord regmaak, doodgeskok word.


7. Solenoïed 8. Vonkverdeler / vonkblusser


Figuur 7.9: Aardlekeenheid


139


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165  |  Page 166  |  Page 167  |  Page 168  |  Page 169  |  Page 170  |  Page 171  |  Page 172  |  Page 173  |  Page 174  |  Page 175  |  Page 176  |  Page 177  |  Page 178  |  Page 179  |  Page 180  |  Page 181  |  Page 182  |  Page 183  |  Page 184  |  Page 185  |  Page 186  |  Page 187  |  Page 188  |  Page 189  |  Page 190  |  Page 191  |  Page 192  |  Page 193  |  Page 194  |  Page 195  |  Page 196  |  Page 197  |  Page 198  |  Page 199  |  Page 200  |  Page 201  |  Page 202  |  Page 203  |  Page 204  |  Page 205  |  Page 206  |  Page 207  |  Page 208  |  Page 209  |  Page 210