Skakelaar Figuur 2.26: Hoe die multimeter verbind moet word om weerstand te lees Versorging van meetinstrumente
Het jy geweet? Die multimeter is
in 1920 uitgevind.
• Alle toetsapparate moet versigtig hanteer word. • Volg die korrekte gebruiksaanwysings/prosedures vir die betrokke toerusting. • Gebruik altyd die regte toerusting vir die taak. • Toerusting moet altyd op 'n veilige plek gebêre word.
Isolasie- en kontinuïteitstoetser (Megger) Let wel
Kies die korrekte skaal (spanning, weerstand of stroom) voor jy enige meting doen. Verkeerde skaalseleksie kan die multimeter beskadig.
Hierdie soort toetser is ’n baie belangrike toestel om die veilige werking van elektriese installasies, motors, transformators, kragopwekkers en ander elektriese toestelle te ondersoek. Die isolasie- en kontinuïteitstoetser staan ook algemeen as ’n “Megger” bekend. Hierdie toetser moet in staat wees om baie hoë weerstand (tot 200 megohm) by spannings tot ± 1000 V (GS) en baie lae weerstand (tot 0,01 ohm) te toets. Die toetser moet baie akkuraat wees, veral by baie lae weerstandlesings. Die ouer soort meter het uit twee dele bestaan: ’n handgedrewe gelykstroomopwekker wat verskillende toetsspannings kon opwek, bv. 6 V om kontinuïteit te toets en ±500 V GS om isolasieweerstand te toets, en ’n direkgedrewe ohmmeter. Deesdae gebruik steeds meer mense die moderner digitale isolasie- en kontinuïteitstoetser, omdat dit makliker is om te gebruik.
Volgens die SABS-gebruikskode vir die bedrading van persele moet die spanning vir die toetsing van isolasievlakke ongeveer twee keer die toevoerspanning wees, d.w.s. 500 V GS, en die isolasieweerstand nie minder nie as 1 megohm.