As die skakelaar terugbeweeg word na posisie B (Figuur 5.21 (c)), sal die positiewe plate ’n tekort aan elektrone hê en die negatiewe plate ’n surplus elektrone. In hierdie toestand is die kapasitor ten volle gelaai.
As die skakelaar na posisie C beweeg word, soos aangetoon in Figuur 5.21 (d), vloei die oormaat elektrone op die negatiewe plaat deur die weerstand na die positiewe plaat totdat ’n neutrale staat bereik word. In hierdie staat word die kapasitor beskryf as “ontlaai” en die elektriese veld tussen die plate het heeltemaal ineengestort. Let ook daarop dat daar ook ’n skielike stroomstuwing gedurende die ontlading van die kapasitor plaasvind.
Wanneer ’n kapasitor ontlaai word, sal die spanning daaroor eksponensieel afneem, soos aangetoon in Figuur 5.23 (a), en terselfdertyd val die stroom na nul net soos tydens die laaisiklus (Figuur 5.23 (b)). Die stroom sal tot amper 37% van die aanvanklike stroom val tydens een tydkonstante (RC); na nog ’n tydkonstante sal die stroom met ’n verdere 37% van die oorblywende stroom geval het; na omtrent vyf tydkonstante (5RC) word dit algemeen aanvaar dat die kapasitor ten volle ontlaai is.
Die grafieke van spanning teenoor tyd en stroom teenoor tyd sal jou help verstaan hoe ’n kapasitor gelaai word. Hulle wys hoe die stroom val soos die spanning styg. Let op dat wanneer die stroom in die stroombaan 0 is, die spanning oor die kapasitor dié van die toevoerspanning is.
Battery- spanning
12V
Kapasitorspanning styg van 0 V tot 12 V maks tydens laai.