Diode-logika ekwivalente stroombaan van die OF-hek (DL) Die stroombaan hieronder verteenwoordig die diode-ekwivalent van die OF-hek. Anders as die skakelstroombaan van die OF-hek hierbo, word diskrete komponente gebruik om die OF-hek te bou.
In die stroombane hieronder is 0 V = logika 0 en 5 V = logika 1.
Kom ons beskou die vier moontlike insette en kyk wat die uitset sal wees met verwysing na die waarheidstabel hieronder. As enigeen van die insette A of B op enige stadium 0 V is, sal daardie bepaalde diode gelei, wat ’n val in die spanning oor die weerstand en die uitset Z van 0 V veroorsaak. Dit geld vir Figuur 9.6 (b-d). Die uitset Z sal 0 V wees slegs wanneer beide die insette A en B op 0 V is. Dit beteken dat die twee diodes nie-geleidend sal wees, met die gevolg dat daar geen val in spanning oor die weerstand is nie, wat punt Z op 0 V laat. Dit geld vir Figuur 9.6 (a).
Figuur 9.6 (a)
Figuur 9.6 (b)
Figuur 9.6 (c)
Figuur 9.6 (d) Figuur 9.6: Moontlike insetvoorwaardes vir ’n DL OF-hek
Inset A 0 0 1 1
Inset B Uitset Z 0 1 0 1
0 1 1 1
Waarheidstabel NOF-hek (NOF = Nie OF nie)
Hierdie is ’n OF-hek met omgekeerde uitset, soos die “0” op die uitset toon. Die uitset Q is waar (logika 1) as die insette A en B NIE waar is nie (logika 0’e): Q = NIE (A OF B) ’n NOF-hek kan twee of meer insette hê; sy inset is waar (logika 1) as NIE al sy insette waar is nie (logika 1’e).