Materiaal en toerusting • 20-30 Watt soldeerbout • Soldeersel • 0.5 mm soliede koperdraad • Vierkantige houtblokkie, met spykertjies 1.5 cm van mekaar om die kante van die blokkie ingeslaan
• Vero-board (15 gate × 10 gate)
Instruksies 1. Die 0.5 mm soliede koperdraad moet afgesny en skoongemaak word. 2. Sny ’n stuk Vero-bord (15 gate × 10 gate). 3. Sny stukkies draad van verskillende lengtes af. 4. Gebruik die stukkies draad om 10 laste te maak (verskillende groottes). 5. Al die draadlaste moet netjies en reguit wees. 6. Buig die draad effens aan die koperkant sodat die draad nie uitval nie. 7. As al die laste gesoldeer is, wys die werk aan jou opvoeder vir assessering.
Slotsom Al die gesoldeerde laste moet glad en blink wees en behoorlike kontak maak.
Assessering • Al die laste is skoon, glad en sonder droë laste. (10) • Die meeste laste is skoon en glad en daar is min droë laste. (5) • Slegs ’n paar laste is skoon en glad en daar is volop droë laste. (2)
Prakties 2
Instruksies 1. Gebruik die vierkantige houtblokkie met spykertjies 1.5 cm van mekaar om die kante van die blokkie ingeslaan.
2. Maak die 0.5 mm soliede koperdraad skoon en vleg dit van kant tot kant om die spykertjies om ’n aantal klein blokkies te vorm (eers horisontaal, dan vertikaal).
3. Gebruik jou soldeerbout om al die punte waar die drade kruis, te las. 4. As al die laste gesoldeer is, sny die groot vierkantige blokkie los so na as moontlik aan die spykers en gee dit aan jou opvoeder vir assessering.
Slotsom Al die soldeerlaste moet glad en blink wees en behoorlik kontak maak.
Assessering • Al die laste is skoon, glad en sonder droë laste. (10) • Die meeste laste is skoon en glad en daar is min droë laste. (5) • Slegs ’n paar laste is skoon en glad en daar is volop droë laste. (2)