Eenvoudige GS-motor Die eenvoudige GS-motor is die goedkoopste soort motor en kan ook maklik baie klein gemaak word. Dit bestaan uit ’n permanente magneet en ’n rotorspoel met ’n kommutator aan een punt, wat stroom aan die spoel voorsien. ’n Kommutator bestaan uit ’n tweedelige sleepring wat kontak maak met twee koolstoforsels. Die kommutator verander met elke halwe draai van die spoel die stroomrigting in die spoel. Die draairigting van ’n GS-motor kan baie eenvoudig verander word deur die polariteit van die toevoerstroom om te ruil.
Magneet
Rotasie geskep
Spil Statormagneet Spoel Rotor
Kommutator
Koolstofborsel Figuur 8.19: Eenvoudige GS-motor
Fleming se linker- en regterhandreëls Fleming se regterhandreël word gebruik om die rigting van die opgewekte emk te bepaal. Die regterhand se wysvinger wys in die rigting van die magnetiese vloed, die duim die bewegingsrigting, en die middelvinger – wat reghoekig met die duim en die wysvinger gehou word – dui die rigting van die emk aan.
Duim wys rigting van krag (F) aan
Beweging
Middelvinger wys rigting van induksiekrag (I)
Kommutator
Rigting van veld
Wysvinger wys in rigting van magneetvelde (B)
Rigting van stroomvloei
Geïnduseerde emk skep ’n stroom
Figuur 8.20: Regterhandreël vir generators
Fleming se linkerhandreël word aan die ander kant weer gebruik om die draairigting van ’n GS-motor te bepaal. Die duim en voorvinger van die linkerhand moet reghoekig van mekaar gehou word. Die voorvinger wys dan in die rigting van die magneetveld, die middelvinger in die rigting van die stroom in die draad en die duim in die rigting van die krag in die geleier.