Mikrogolfkommunikasie Mikrogolwe is radiogolwe met frekwensies wat binne die gigahertz-bestek (1 GHz tot 30 GHz) val. Hierdie radiogolwe het golflengtes van onder 10 cm. As gevolg van hierdie hoë frekwensies is die golwe se vermoë om inligting te dra, uiters hoog (in die orde van 70 Mbit/sek). Die radiogolwe word met ’n spesiale metaalskottel versend, wat hulle veel sterker maak en minder interferensie van ander senders op dieselfde golflengte toelaat. Mikrogolwe word reglynig versend van een hoë toring na die volgende. As gevolg van hulle kort golflengtes word mikrogolwe maklik weerkaats en andersins versteur deur groot en klein voorwerpe. Mikrogolwe word ook vinnig swakker hoe verder hulle van hulle oorsprong wegbeweeg.
Uitsaailyn Uitsaailyn
Inset
Sender Figuur 10.3: Mikrogolfkommunikasie stelsel
Die belangrikste gebruike van mikrogolwe is in telefoon- en televisie asook radar kommunikasie. Omdat die hoërfrekwensieradioseine die lae van die ionosfeer beter kan binnedring as seine met ’n laer frekwensie, wat meesal weerkaats of geabsorbeer word, word hierdie medium alom gebruik vir skakeling met satelliete en ruimtetuie tydens ruimte-ekspedisies.
Voordele • Mikrogolwe kan lang afstande oor ruwe terrein dek waar kabels nie begrawe kan word nie.
• Hoë transmissiespoed.
Nadele • Duur toerusting • Werk net in reguit lyne • Soms onderhewig aan steurings.
Handelsuitsendings
Handelsuitsendings kan beskou word as eenrigting-kommunikasie. Met ander woorde, jy kan nie terug kommunikeer van jou opvanger na die uitsender nie. Hierdie soort seine word gewoonweg deur mikrogolwe uitgesaai, soos hierbo onder mikrogolfommunikasie beskryf.
SABC Die SABC is ’n openbare uitsaaier. Die SABC is ’n oop (ongekodeerde) uitsaaier en die sein kan dus opgeneem word met die regte lugdraad waar dit sterk genoeg is. Geen bykomstige toerusting word benodig nie, net ’n sterk sein, die lugdraad en ’n TV-stel. Die SABC gaan binnekort digitale seine i.p.v. die huidige analoogseine uitsaai - jou TV sal dus “HD-vaardig” moet wees. Indien nie, sal jou TV-stel ’n spesiale dekodeerder benodig om die digitale sein terug te skakel na ’n analoogsein voordat jy TV sal kan kyk. Die groot voordeel van digitale uitsendings is dat dit