Afstoting Kam jou hare op ’n droë dag of nadat jy ’n haardroër gebruik het. Die plastiekkam versamel negatiewe ladings van die hare, wat maak dat die hare ’n oormaat positiewe ladings het. Aangesien gelyke ladings mekaar afstoot, sal die hare mekaar afstoot, wat hulle laat ‘regop staan’.
Vonke As daar genoeg positiewe (+) ladings op een voorwerp of materiaal is en genoeg negatiewe (-) ladings op die oppervlak van ’n ander voorwerp, kan die aantrekkingskrag tussen die ladings groot genoeg wees om elektrone oor die spasie tussen die twee voorwerpe te laat spring.
As daar eers ’n paar elektrone oor die gaping spring, verwarm hulle die lug en sal steeds meer elektrone oorspring. Die lug word hierdeur verder verhit. Alles gebeur baie vinnig. Die lug raak so warm dat dit vir ’n oomblik gloei. Die gloeiende lug is wat ons sien as ’n vonk. Met weerlig gebeur dieselfde ding, net op ’n groter skaal en met groter spannings en meer stroom.
Opsomming Wrywing tussen sekere materiale kan maak dat elektriese spannings op die oppervlakke opbou. Teenoorgestelde ladings trek mekaar aan en eenderse ladings stoot mekaar af. Beide ladings word deur iets met ’n neutrale lading aangetrek. Vonke is ’n uiterste geval waar elektrone deur ’n positief gelaaide voorwerp aangetrek word en oor ’n lugspleet spring en sodoende die lug vir ’n oomblik verhit.
Die kapasitor
Naas weerstande is kapasitors die mees algemene komponente. ’n Kapasitor is ’n komponent wat elektriese energie in die vorm van ’n elektriese lading kan stoor. ’n Kapasitor is eintlik ’n toestel wat bestaan uit twee parallelle geleierplate wat teenoor mekaar geplaas word en geskei word deur ’n isolator of diëlektrikum. Die isoleerstof verhoed dat enige stroom tussen die twee plate vloei, maar wel van plaat na plaat deur die eksterne stroombaan. Wanneer ’n kapasitor met ’n spanningsbron verbind word, word een plaat negatief gelaai en die ander positief. Omdat die plate nie teenoor mekaar kan beweeg nie, bou daar ’n groot hoeveelheid energie oor die isolator op en word dit gestoor in die elektrostatiese veld tussen hulle. In hierdie toestand word die kapasitor as “gelaai” beskryf.
klein lading groot lading Figuur 5.17: Kapasitors 88