Gereedskap en meetinstrumente Hooftoevoer afgeskakel Stroombrekers aan Skakelaars toe Las verwyder Neutraalstaaf Megger Aardstaaf
2
Figuur 2.32: Toets vir isolasieweerstand tussen geleiers en aarde
Toets die polariteit tussen skakelaars Hierdie toets word op die Megger se laeweerstandskaal gedoen. Hierdie toets word uitgevoer om seker te maak dat alle enkelpoolskakelaars en stroombrekers met die lewendige (aktiewe) draad verbind is. As ’n enkelpoolskakelaar met die neutrale geleier verbind is, kan dit baie gevaarlik wees, want een deel van die toestel of lamp sal dan met die toevoerspanning verbind wees, selfs as die skakelaar oop is. Die een leidingsdraad van die Megger moet met die laskant van die stroombreker verbind word en die ander met die lewendige terminaal van ’n lamphouer. Let ook daarop dat die middelste verbinding van ’n Edison skroeflamphouer ook met die lewendige terminaal verbind moet wees.
Hooftoevoer afgeskakel Stroombrekers aan Skakelaars af Toetser
Lampe verwyder
Neutraalstaaf Muursok Aardstaaf Figuur 2.33: Toets polariteit van skakelaars