Voorbeeld: Bepaal die totale weerstand van die volgende weerstande wat in series verbind is:
A R1 1kΩ Rt = R1 + R2 + R3
= 1 kΩ + 2 kΩ + 6 kΩ = 9 kΩ
A 9kΩ B R2 2kΩ R3 6kΩ B
Ons kan dus al 3 weerstande hierbo met een enkele weerstand van 9 kΩ vervang. Let wel
Alle komponente wat in serie verbind is, moet in staat wees om die maksimale stroom in die seriebaan te kan dra!
Stroom in 'n seriestroombaan Jy weet nou reeds dat daar in ’n seriestroombaan net een pad is waarlangs die stroom kan vloei. Dit beteken dat al die stroom deur elke weerstand in die stroombaan moet vloei. Verbind ’n ammeter aan elke kant van elke weerstand in ’n seriebaan, en hulle sal almal toon dat ’n identiese hoeveelheid stroom deur elke weerstand in die stroombaan vloei.
It = I1 = I2 = I3 It
1kΩ R1
I1
2kΩ R2
I2
6kΩ R3
I3
Spanning in 'n seriestroombaan Wanneer emk elektrone deur ’n weerstand laat vloei, word ’n deel van die emk opgebruik. Dit word ’n ‘spanningsval’ oor die weerstand genoem. As ons al die spanningsvalle oor weerstande in serie optel, kry ons die aangewende spanning. Hierdie belangrike feit is deur die Duitse fisikus Kirchhoff (1824-1887) saamgevat in wat bekend staan as Kirchhoff se Tweede Wet.