Die diëlektriese materiaal voorkom dat daar stroom tussen die plate vloei. Stroom vloei van een plaat na ’n ander deur die eksterne stroombaan. Lug (’n vakuum, om presies te wees) het die laagste diëlektriese waarde (8,854 × 10-12
farad/meter). Twee metaalplate
Diëlektrikum
Figuur 5.18: Struktuur van kapasitor
Alle ander materiale het hoër diëlektriese waardes, omdat hulle digtheid hoër is en hulle dus beter kan isoleer.
Een coulomb is die lading wat gestoor word deur ’n kapasitansie van een farad wat gelaai is tot ’n potensiaalverskil van een volt.
Die grootte van die lading (simbool: Q) wat deur ’n kapasitor gestoor word, word soos volg bepaal: Lading Q = C × V
Waar:
Q = lading in coulomb (C) C = kapasitansie in farad (F) V = spanning in volt (V)
Voorbeeld 1 Bepaal die kapasitansie van ’n kapasitor as ’n potensiaal van 400 V vereis word om ’n lading van 400 µC te skep.
C = Q V
= 400 × 10-6 400 V
= 1 × 10-6 C F or 1 µF
Voorbeeld 2 Watter potensiaalverskil moet aangewend word aan plate van ’n 10 µF-kapasitor om ’n lading van 2,5 mC te skep?
Die potensiaalverskil kan bereken word deur V die onderwerp van die formule te maak.