• Geen lawwe speletjies nie. • Daar mag nie in die werkswinkels geëet of gedrink word nie. • Dra altyd beskermende drag en toerusting wanneer gevaarlike gereedskap en masjinerie gebruik word.
• Moet nooit gereedskap of masjinerie gebruik voordat jy behoorlik deur jou onderwyser ingelig is nie.
• Skerp gereedskap moet altyd met die skerp kante na onder gedra word. • Maak altyd die werkswinkel skoon nadat ’n taak afgehandel is. • Alle masjienskutte moet in plek bly. • Geen drasakke word in die werkswinkel toegelaat nie omdat mense daaroor kan struikel.
• Hou jou hande weg van bewegende/draaiende masjinerie. • Geen ongemagtigde persone word in die werkswinkel toegelaat nie. • Rook is verbode in die werkswinkel.
Goeie huishouding in die werksplek
Ons kan self niks doen aan die gevare wat elke soort werk inhou nie, maar daar is baie ander goed wat ons kan en moet doen om ons eie veiligheid en dié van ons medemens in die werksplek te verseker. Maak altyd seker dat toerusting en materiaal op hul regte plek is en dat dit vir almal maklik beskikbaar is. ’n Netjiese en georganiseerde werksplek is ’n veiliger plek, en veiligheid bevorder winsgewendheid, tydbesparing en ’n gelukkiger werksmag.
Goeie huishouding in ’n werkswinkel beteken eenvoudig die ordelike rangskikking van gereedskap, toerusting, bêreplek en materiaal. Eenvoudig gestel is goeie huishouding ’n plek vir elke ding en elke ding op sy plek.
Veiligheid in ’n elektriese werkswinkel kan verbeter word as almal seker maak dat: • Die werkswinkel na elke periode skoon en netjies is • Gereedskap en materiaal op die regte plek gebêre word • Die noodhulpkissie bereikbaar is en die nodige inhoud bevat • Brandblussers in ’n werkende toestand is • Waarskuwingstekens sigbaar aangebring en leesbaar is • Masjienareas afgebaken en skoon is • Loopplekke goed aangedui en vry van hindernisse is • Mengplekke van dagha, pleister of beton skoon is na gebruik • Gifstowwe veilig gebêre en gebruik word • Skerp gereedskap versigtig gebruik word • Die werkslokaal nie ’n plek vir speletjies en grappies is nie • Daar nie in die werkslokaal gerook of gedrink word nie • Enige materiaal of vloeistof wat gemors word, opgevee word • Enige gebreke aan gereedskap of masjinerie dadelik aangemeld word.
Onveilige handelinge
Soos hierbo genoem, word die meeste ongelukke deur menslike onversigtigheid veroorsaak. Hieronder volg enkele onveilige handelinge wat vir die meeste ongelukke in werkswinkels verantwoordelik is: • Versuim om beskermende klere en oogbeskerming te dra • Onveilige plasing van gereedskap • Ruwe spel in die werkswinkel (rondhardloop en gekskeer) • Onveilige en verkeerde gebruik van toerusting • Verstel van en werk aan lopende masjinerie • Aanneem van onveilige posisies • Werk teen onveilige snelhede.