Stadige sekeringe Hulle is ook bekend as vertraagde sekeringe en is ontwerp om ’n stroom deur te laat wat kortstondig bokant the aangeslane waarde van die sekering is sonder dat die sekering smelt. Hierdie soort sekeringe word gebruik by toerusting wat vir ’n paar millisekondes ’n sterk aanvanklike stroom trek nadat dit aangeskakel is. Dit word gewoonlik vir motors, waaiers en transformators gebruik.
Die voordeel van ’n stadige sekering is dat dit matige (tot tien keer die aangeslane) oorstroom kan verduur vir ’n kort rukkie. Hierdie sekeringe is klein maar met ’n hoë stroomvermoé. Hulle kan ook taamlik hoë temperature weerstaan.
’n Nadeel is dat hulle duurder is om te vervang as hulle eers gesmelt het. Gebruik slegs die sekering met die regte aanslag vir die regte aanwending.
7
Figuur 7.3: Stadige smeltsekeringe
Toetsing van ’n sekering Dit is uiters belangrik om te verstaan dat as ’n sekering reg lyk dit nie noodwendig so is nie! Sekeringe wat reg lyk kan ’n fyn krakie hê wat nie met die blote oog sigbaar is nie. Toets dus eers ’n sekering met ’n ohmmeter of kontinuïteittoetser eerder as om te aanvaar dat dit reg is. Gebruik ’n multimeter en stel dit na die laagste weerstandsbestek om die sekering te toets. ’n Goeie sekering sal 0 ohms lees (afangende van wat die meter lees as die kontakdrade teen mekaar gehou word) en ’n slegte sekering se lesing sal dieselfde wees as wanneer die drade bloot in die lug gehou word. Die tekeninge hieronder wys hoe om sekeringe te toets, en wys elkeen as reg. Daar is geen grys areas nie: die sekering werk of dit werk nie.