1. Noem die verskille tussen ‘n analoë en ‘n digitale multimeter. 2. Verduidelik kortliks met behulp van ‘n skets hoe ‘n multimeter met ‘n stroombaan verbind moet word om stroom te meet.
3. Noem drie voordele van digitale multimeters. 4. Wat is die belangrikste voorsorgmaatreëls wat getref moet word voordat jy enige lesings met ‘n multimeter neem?
5. Wat sal gebeur as ek spanning oor ‘n battery lees met die rooi leidingsdraad verbind met die negatiewe pool van die battery en die swart leidingsdraad met die positiewe pool?
6. Noem vyf toetse wat met die isolasie- en kontinuïteitstoetser gedoen kan word.
7. Hoekom is dit belangrik dat enkelpoolskakelaars korrek met die toevoer verbind moet wees?
8. Waar moet die toetsleidings vir die bogenoemde toets verbind word? Jy kan ‘n tekening gebruik om die verbindings te toon.
9. Verduidelik kortliks hoe jy die isolasie tussen die geleiers en aarde sal toets. 10. Wat bepaal die SABS-regulasie ten opsigte van die minimum isolasieweerstand tussen geleiers?
11. Wat bepaal die SABS-regulasie ten opsigte van die spanning wat vir ‘n isolasieweerstandtoets gebruik moet word?
12. Hoekom is dit belangrik om in ’n goedgeventileerde vertrek te soldeer? 13. Noem vier voorsorgmaatreels by die maak van gedrukte stroombane (PCB’s). 14. Hoekom moet die punt van die soldeerbout “vertin” wees? 15. Noem drie maniere waarop jy jou stroombaanontwerp na ’n PCB kan oordra. 16. Lys kortliks die basiese stappe in die maak van ’n PCB.