In die bostaande stroombaan word die relê deur ’n transistor geskakel wat met ’n 12 V-toevoer verbind is. Die transistor word as ’n skakelaar gebruik. Wanneer die transistor aangeskakel word, begin stroom deur die kollektor vloei en word die relê se spoel geaktiveer. Die bekragtigde spoel sal nou die normaal toe (NC) kontak oopmaak en die normaal oop (NO) kontak toemaak. ’n Beskermingsdiode is agteruit oor die spoel aangesluit om dit teen die teen-emk te beskerm wat in die spoel opgewek word wanneer die transistor afgeskakel word.
Aktiwiteit 1
1. Wat is Faraday se wet van elektromagnetiese induksie? 2. Noem drie faktore wat ’n invloed op die grootte van die geïnduseerde emk uitoefen.
3. Gee die formule vir geïnduseerde emk van ’n reguit geleier. 4. Bereken die emk van ’n reguit geleier met ’n lengte van 40 cm wat teen 500 cm/s deur ’n magneetveld met ’n vloeddigtheid van 0,75 T beweeg. (1,5 V).
5. ’n Geleier van 25 cm beweeg teen ’n spoed van 150 cm/s deur ’n magneetveld en genereer ’n geïnduseerde emk van 75 V. Bereken die vloeddigtheid van die magneetveld (20 T).
6. Definieer weber. 7. Definieer henry. 8. Watter reël sou jy gebruik om die rigting van ’n geïnduseerde emk te bepaal? Verduidelik die reël.
9. Wat is Lenz se wet? 10. Verduidelik kortliks die term selfinduksie. 11. Bereken die geïnduseerde emk van ’n spoel met ’n induktansie van 75 mH. Die stroom verander van 10 A na 5 A in 0,5 s (0,75 V).
12. ’n Spoel het ’n induktansie van 0,01 H en ’n stroomvloei van 20 A. Wanneer die toevoer afgeskakel word, duur dit 0,02 s voordat die stroom nul is. Bereken die gemiddelde emk wat in die spoel geïnduseer word (10 V).
13. Toon met behulp van ’n skets hoe ’n magneetveld rondom ’n solenoïede opgewek word.
14. ’n 12 V lamp kry sy krag van ’n 240 V WS-transformator. a. Wat is die transformator se windingverhouding? b. Hoeveel windinge het die primêre spoel as die sekondêre spoel 80 het? c. Wat is die primêre stroom as die stroom deur die lamp 2 A is?
15. Verduidelik die werking van ’n eenvoudige relê met behulp van ’n skets. 16. Gee TWEE praktiese aanwendings van ’n relêskakelaar.