’n Kristalradio is ’n eenvoudige toestel. Dit benodig geen battery nie, want dit kry krag van die radiogolwe deur die lang lugdraad.
2. Die stroombaan bestaan basies uit ’n baie lang lugdraad, ’n multiaſtakspoel, ’n verstelbare kapasitor, ’n germanium-seindiode, ’n filterkapasitor en ’n paar hoë-impedansie-oorfone.
3. Die kristalradio het ’n baie goeie aardverbinding nodig om goed te werk. ’n Lang stuk ou ysterpyp wat diep in klam grond gehamer word, is ideaal. ’n Huis se aardverbinding aan ’n pen in die grond of ’n waterpyp is nie ’n goeie of veilige aardverbinding vir hierdie projek nie; dit kan trouens uiters gevaarlik wees.
4. Die lugdraad: Omdat die lugdraad gebruik word om die krag te kry, moet dit so lank as moontlik wees om soveel moontlik krag uit die radiogolwe in die lug te haal. Hoe hoër en langer die lugdraad is (minstens omtrent 17 meter), hoe beter sal die ontvangs waarskynlik wees.
5. Verstelbare kapasitor: Dit verleen beter selektiwiteit aan die radio. Baie ou radio’s het kapasitors wat verstel kan word van 15 pF tot 365 pF.
6. Oorfone: Dit is die moeilikste onderdeel om te bekom. Die oorfone wat in musiek sentrums en draagbare toestelle gebruik word, SAL NIE hier werk nie. Die ideaal is hoë-impedansie-oorfone van 2 000 ohm, maar hierdie soort is feiltlik onmoontlik om te kry. Jy kan soms 1 000 ohm-oorfone vir kristalradio’s (nie die vir transistorradios nie).
7. Multi-aſtakspoel: Dit is gewoonlik ’n tuisgemaakte lugkern-induktor wat om ’n nie-metaalvorm soos ’n toiletrol van karton, plastiekbottel of 40/50 mm PVC-pyp gedraai word. Jy sal omtrent 20 m-koperdraad van 0,5 mm met emalje-isolasie benodig. Draai omtrent 50 windinge en maak elke 5 m ’n aſtakpunt, waar jy die emalje verwyder en daar ’n krokodilklamp kan vasklem. Jy kan ’n vuurhoutjie gebruik om elke vyfde winding ’n bietjie hoër te maak om die aſtakpunt te skep.
8. Die germaniumdiode word gebruik om die oudiofrekwensies uit die radiogolf te haal sodat dit deur die oorfone gehoor kan word.
9. Vaste kapasitor: Dit is ’n eenvoudige filtreerkapasitor. 10. Konnekteer die stroombaan soos hieronder aangedui op jou broodbord of logika-opleier.
11. Hou dit ver weg van kragdrade en kragbronne. 12. Die onderwyser moet eers jou stroombaan nagaan voordat jy die kragtoevoer aanskakel.
13. Hoe dit werk: Die lugdraad ontvang die radioseine uit die lug en met ons baie goeie aardverbinding kry ons hopelik baie seine.
Met die induktor en die verskillende instellings van die verstelbare kapasitor kies jy die frekwensie waarna jy wil luister en vermy al die ander.
Aftakspoel
Die sein wat jy kies, gaan deur die germaniumdiode en word gelykgerig. Dit beteken dat net daardie frekwensies oorbly wat deur die mens gehoor kan word (van musiek tot woorde). Die oudiosein is deur die diode gestroop van die radiosein. Die klein 0,001 uF-kapasitor raak ontslae van die oorblywende radioseine. ’n Mens kan na hierdie swak oudioseine deur die kopstuk of kristaloorprop luister.