Basiese beginsels van elektrisiteit Spesifieke weerstand (Rho) (ρ)
Spesifieke (of soortlike) weerstand verwys na die vergelyking met die weerstand van verskillende materiale. Ten einde die weerstand van verskillende materiale te kan vergelyk, moet 'n konstante (ρ) gebruik word, waarvan die waarde van die spesifieke materiaal afang.
Ten einde te verseker dat die materiaalmonster gestandaardiseer is, word die lengte en dwarssnitoppervlakte in aanmerking geneem. Dit beteken dat die konstante ρ die weerstand van ’n eenheidskubus van die materiaal is; dit word uitgedruk in ohm per meter tot die derde mag (Ω/m3
).
Vir die formule om spesifieke weerstand te bereken, moet die volgende in aanmerking geneem word: • die lengte (L) van die geleier in meter (m) • die dwarssnitoppervlakte (A) in vierkante meter (m2
)
• die spesifieke weerstand (Rho) (ρ) (sien tabel) Dit alles in ag genome is die formule vir hierdie doel:
Die meeste materiale se weerstand teen die vloei van elektriese stroom neem toe namate hulle temperatuur styg. Aangesien die weerstand van ’n geleier temperatuurafanklik is, is dit noodsaaklik om die weerstand by kamertemperatuur te gee (20˚C).
Die toename of afname van weerstand as gevolg van temperatuurstyging of -daling word die temperatuurkoëffisiënt van weerstand van die materiaal genoem. Wanneer ons praat van ’n materiaal met ’n positiewe temperatuurkoëffisiënt beteken dit eenvoudig dat sy weerstand toeneem soos die temperatuur toeneem. Suiwer metale het tipies positiewe weerstandskoëffisiënte. As ons sê ’n materiaal het ’n negatiewe temperatuurkoëffisiënt, beteken dit eenvoudig dat sy weerstand afneem soos sy temperatuur styg. Halfgeleiers soos koolstof, silikon, germanium het tipies negatiewe weerstandkoëffisiënte.
Dit kan gedefinieer word as die toename in eenheidsweerstand per eenheidstyging in temperatuur.