Elektriese Tegnologie Noodhulp vir slagoffers van elektriese skok
• Kyk eers, MOENIE aan die slagoffer raak nie. • Skakel die kragtoevoer by die bron af – die beheerpaneel of sekeringskas. • Gebruik nie-geleidende materiaal om die slagoffer van die kragbron af weg te trek as hy/sy in onmiddellike gevaar verkeer.
• Moenie die slagoffer verplaas tensy hy/sy in onmiddellike gevaar verkeer nie. • Ondersoek vir tekens van sirkulasie (asemhaling, hoes of beweging). Indien dit afwesig is, begin dadelik met Kardio-Pulmonêre Resussitasie (KPR).
• Voorkom skok deur die slagoffer se voete effens hoër as sy kop te plaas. • Plaas ’n kombers oor die slagoffer om liggaamshitte te bewaar. • Kry mediese hulp.
Skok
Trauma ’n baie ernstige besering met groot wonde en bloedverlies.
Onthou dat ’n skoktoestand nie met ’n elektriese skok verwar moet word nie. Mediese skok is ’n uiters ernstige toestand waar die brein en ander organe as gevolg van ’n tekort aan bloed nie behoorlik kan werk nie. Dit mag veroorsaak word deur ’n spesifieke besering of siekte, of selfs deur iets traumaties te aanskou, soos ’n ernstige ongeluk. Ernstige skok verminder die hoeveelheid bloed of vloeistowwe in die liggaam wat veroorsaak dat die bloeddruk skielik val.
Die oorsake van skok: • Ernstige brandwonde; • Ernstige allergiese reaksies; • Rugstring- of senuweebeserings; • Ernstige bloeding; • Hartversaking of akute hartaanval; • Toestande soos diabetes, epilepsie, infeksie, vergiſtiging of ’n oordosis dwelms; • Abdominale noodgevalle – perforering van die maag of ’n gebarste blindederm.
Die simptome van skok is: • Angs, swakheid, floute en lighoofdigheid; • Vergrootte pupille; • Naarheid en braking, dors; • Bleek vel, wat blouerig-grys word; lippe, tong, oorbelle en vingernaels mag blouerig-pers word;
• Koue, klammerige vel en sweet; • Vinnige, vlak asemhaling; gaap en sug; • Vinnige, swak polsslag; • Afname in die vlak van bewustheid.
Die behandeling vir skok • Stel die beseerde gerus en maak hom gemaklik. • Waar moontlik, laat die beseerde op ’n kombers lê. • Hou die kop laag en na een kant gedraai. • Lig die bene, behalwe as jy ’n beenfraktuur vermoed. • Hou die beseerde warm met ’n kombers. • Maak enige stywe klere los om sirkulasie en asemhaling te verbeter. • Waar moontlik, behandel die oorsaak van die skok.