Henry: ’n Stroombaan het ’n induktansie van 1 henry as die teen-emk wat daarin geïnduseer word 1 volt is wanneer die stroom teen 1 A/s verander. Let daarop dat stroom in die definisie gebruik word eerder as magneetveld. Die rede is dat stroom gebruik kan word om die magneetveld te genereer en makliker as magnetiese vloed is om te meet en te beheer.
Selfinduktansie word omskryf as die induksie van ’n spanning in ’n stroomdraende draad wanneer die stroom self verander. In die geval van selfinduktansie induseer die magneetveld wat deur ’n veranderende stroom in die stroombaan geskep word, ’n spanning in dieselfde stroombaan. Daardie spanning is dus selfgeïnduseer.
Die geïnduseerde emk loop in die teenoorgestelde rigting van die aangelegde emk, d.w.s. in die minusrigting. Wanneer enige hoeveelheid wat met induksie verband hou deur ’n minusteken (–) voorafgegaan word, verwys dit na ’n geïnduseerde emk, waar –L induktansie in henrys is. Emk (e) = –L × ∆i ∆t volt
Uitbreidende magneetveld
Wanneer die skakelaar toegemaak word, begin die stroom vloei, waardeur ’n magnetise veld om die spoel gevorm word.
Geslote skakelaar Battery Instortende magneetveld
Wanneer die skakelaar oopgemaak word, veroorsaak die ineenstortende magneetveld ’n emk oor die spoel. Hierdie emk se polariteit is die teenoorgestelde van die oorspronklike emk.