Elektromagneet Die elektromagneet is een van die toepassings van ’n solenoïede. ’n Elektromagneet is ’n magneet wat met elektrisiteit werk. Sodra stroom deur die baan vloei, sal die elektromagneet geaktiveer word en soos ’n magneet optree. Wanneer die stroom ophou vloei, sal die elektromagneet sy magnetiese eienskappe verloor. Anders as ’n permanente magneet kan die sterkte van ’n elektromagneet maklik verander word deur die hoeveelheid elektriese stroom wat daardeur vloei te verander of deur die aantal windings van die solenoïede te verander. Die elektromagneet se pole kan selfs omgeswaai word deur die vloei van die stroom om te keer.
Elektromagnete word in skrootwerwe en staalfabrieke gebruik waar swaar metaalvoorwerpe verplaas moet word. Elektromagnete word ook in deurklokkies en brandalarmkringe gebruik.
Figuur 8.11 (a): Tuisgemaakte elektromagneet
Figuur 8.11 (b): Industriële elektromagneet
Magnetiese vloed en vloeddigtheid Magnetiese vloed (Ф) verwys na die aantal magnetiese kraglyne wat ’n magneet skep en word in weber (Wb) uitgedruk.
Magnetiese vloeddigtheid (ß) verwys na die aantal magnetiese kraglyne per eenheidsoppervlak en word in weber per vierkante meter, of tesla (T) uitgedruk.
Voorbeeld: ’n Staafmagneet het ’n vloeddigtheid van 3 Wb/m2 9 cm2
. Bereken die vloed op die poolvlakke.
Gegee: ß = 3 Wb/m² A = 9 cm² = 0,0009 m²
Ø = ß x A = 3 x 0,0009 = 2,7 mWb
147 en ’n dwarssnitoppervlakte van
Weber: Dit is die magnetiese vloed wat, as dit reghoekig deur ’n geleier gesny word, 1 volt in 1 sekonde sal induseer.