Reostaat Dit is die maklikste manier om ’n reëlbare weerstand te gebruik. Twee aansluitings word gebruik: een met die einde van die baan en die ander met die glykontak. As jy die spil draai, verander die weerstand tussen die twee aansluitings van nul tot by die maksimum weerstand. Reostate word dikwels gebruik om spanning te verander, byvoorbeeld om die helderheid van ’n lamp te beheer of die tempo waarteen ’n kapasitor gelaai word.
As die reostaat op ’n etskaart gemonteer word, kan jy dalk vind dat al drie terminale verbind is. Een van hulle sal egter met die aansluiting van die glykontak verbind wees. Dit maak die montering meganies sterker, maar dien geen elektriese doel nie.
Potensiometer Reëlbare weerstande wat as potensiometers gebruik word, se aansluitings is al drie verbind. Hierdie opstelling word gewoonlik gebruik om spanning te verander, soos om die skakelpunt van ’n stroombaan met ’n sensor te stel of om klanksterkte (volume) in ’n versterkerkring te beheer. As die aansluitings op die punte van die baan oor die kragtoevoer verbind word, sal die glykontak ’n spanning lewer wat van nul tot die maksimum van die toevoer verstel kan word.
Voorafingestelde weerstande (“presets”) Dit is miniatuurweergawes van die standaard reëlbare weerstand. Hulle is ontwerp om direk op die kringbord gemonteer te word en word net gestel wanneer die stroombaan gebou word. So word die frekwensie van ’n alarm of die sensitiwiteit van ’n liggevoelige stroombaan byvoorbeeld gestel. ’n Klein skroewedraaier of iets soortgelyks word gebruik om so ’n weerstand in te stel. Vooraf ingestelde weerstande is baie goedkoper as gewone reëlbare weerstande, dus word hulle soms in projekte gebruik waar ’n standaard reëlbare weerstand normaalweg gebruik sou word.
5 Figuur 5.7: Reostaat
Figuur 5.8: Potensiometer
Figuur 5.9: Vooraf- ingestelde weerstand
Voorafingestelde weerstand (oop tipe)
Voorafingestelde weerstande (toe tipe)
Figuur 5.10: Verskillende soorte voorafingestelde weerstande
Termistor ’n Termistor is ’n temperatuur-sensitiewe weerstand waarvan die weerstand verander na gelang van die temperatuur. Termistors kan ingedeel word in twee tipes: ’n PTK- (positiewe temperatuur-koëffisiënt) toestel, of ’n NTK- (negatiewe temperatuur-koëffisiënt) toestel. In ’n PTK-toestel neem die weerstand toe as die temperatuur styg, en in ’n NTK-toestel neem die weerstand af as die temperatuur styg.