Die aantal windings van die wikkeling en die kernmateriaal bepaal die induktor se kapasiteit. Kerne wat van diëlektriese materiaal soos keramiek, hout, papier, ens. gemaak is, stoor klein hoeveelhede energie, terwyl kerne van ferritiese stowwe ’n baie hoër weerstand het en die krag wat vrygestel kan word is baie groot.
Kernsamestelling • Lugkern: Hierdie induktors het geen metaalkern nie. Hierdie tipe kern het die maksimum lineariteit en die minste distorsie. Om hoë induktansiewaardes te verkry, is langer kerne nodig en word die induktor baie groot.
• Soliede ferrietkerne: Hierdie tipes het die grootste weerstand, maar by hoër induktansiewaardes is hulle nie stabiel nie en vind magnetiese versadiging gou plaas.
• Ferrietpoeierkerne: Poeiervormige ferrietkerne is meer lineêr en veroorsaak meer distorsie, met voorspelbare kragkrommes.
• Staalkerne: Kerne van yster-nikkelallooie word gebruik wanneer lae weerstand en hoë induktansie vereis word. Hulle is beter as lugkerne.
• Toroïede kerne: Toroïede induktors is ringvormig, met styf teen mekaar liggende draadwikkelings. Baie dun velle ferriet of staal word styf teen mekaar gehou.
Kleurkodering (Induktorwaardes) Gevormde induktors met lae kapasiteit kry ’n kleurkode sodat hulle maklik in ’n stroombaan geïdentifiseer kan word. Vier gekleurde ringe word om die induktor geverf. Die ringe word die eerste ring, tweede ring, vermenigvuldiger en toleransie genoem. Die volgende kleure word gebruik: swart, bruin, rooi, geel, groen, blou, pers, grys, wit, geen kleur, goud en silwer. Kleure in die eerste en tweede ring het ’n spesifieke induktansiewaarde, die derde band is ’n vermenigvuldiger en die vierde ring dui die toleransie aan, soos ±1%, 2%, 3%, 20% ens.
VERMENIGVULDIGER
Figuur 8.23: Induktorkleurkodes
Induktors word onder andere vir die volgende gebruik: • Om geruis, ongewenste frekwensies en gebrom in uitsaaitoerusting uit te filtreer (in kombinasie met kapasitors).
• GS-filtrering – word gebruik as smoorspoele vir kragbronne om gebrom en ander skommelings uit die uitset te verwyder.
154
• Verwydering van RF-steuring – wanneer dit as filter gebruik word. • Klein en kompakte 400 Hz WS-transformators vir vliegtuie.