Broodbord Funksie: Hierdie spesiale werktuig word gebruik vir soldeerselvrye elektroniese eksperimente of vir prototipering van projekte. Veilige gebruik: Sorg dat komponente by die korrekte terminale op die bord geplaas word. As jy werk met 230V kragtoevoer, moet daar nie los drade of konneksies op die bord wees nie. As potensiometers gebruik word, moet hulle liefs plastiek-asse hê. Onderhoud en sorg: Verwyder altyd alle komponente en drade na ’n taak voltooi is. Probeer verhoed dat drade in die bord se terminale afreek.
Geleistroke Kragkonnekteerder
Terminaalstroke Kragkonnekteerder Figuur 2.12: Broodbord
Terminaalstroke Hierdie is terminale wat die grootste deel van die broodbord uitmaak. In die diagram sien ons dat die twee stelle terminaalstroke geskei word deur ’n smal spleet waaroor die geïntegreerde stroombane (IC’s) geplaas moet word. Hierdie terminaalstroke word van A-E of F-J verbind soos in figuur 2.12.
Geleistroke (busstroke)
Hierdie stroke is aan weerskante van die terminaalstroke gelëe. Die geleistroke bevat twee kolomme, een vir die aardverbinding en een vir die kragtoevoer. Sommige fabrikate verbind alle terminale in ’n kolom, terwyl ander eenvoudig groepe van byvoorbeeld 25 opeenvolgende terminale in ’n kolom verbind.
Kraggereedskap
Die gebruik van kraggereedskap het die afgelope aantal jare toegeneem, omdat dit die lewe vir ons soveel makliker maak. Onthou egter dat alle kraggereedskap korrek hanteer en behoorlik in stand gehou moet word.
Elektriese handboor Funksie: Die handboor word gebruik om gate in metaal, plastiek, hout of messelwerk te boor. Sommige soorte het spoedbeheer en kan as skroewedraaiers gebruik word. Veilige gebruik: Dra altyd ’n skutbril wanneer die boor gebruik word. Steek alle los klere in en hare moet vas wees. Staan stewig en gebelanseerd wanneer jy ’n handboor gebruik. Maak seker die boorpunt is stewig vas in die kloukop. Onderhoud en sorg: Maak seker dat die kloukop altyd in goeie werkende orde is en dat die elektriese koord in goeie toestand is. Hou die boor skoon en bêre dit in ’n veilige plek.
Kloukop Skakelaar Handvatsel Figuur 2.13: Elektriese handboor 26