As die pyltjie na jou toe aankom, sal jy net die punt sien. Dit beteken dat die stroom uit die bladsy uit na jou toe vloei. As jy die regterhandreël toepas, sien jy dat die magneetveld antikloksgewys (linksom) om die geleier vloei.
Figuur 8.6: Magneetveld om ’n reguit geleier
Die rigting van die stroom en die vloeilyne kan ook bepaal word deur dit te vergelyk met die indraai van ’n skoef in hout: die rigting waarin die skroef draai, is dieselfde as die stroomrigting.
Rigting van stroom Stroom Figuur 8.7: Skroefreël Magneetveld om ’n solenoïede Figuur 8.8: ’n Stroom
’n Solenoïede is ’n driedimensionele spoel. In fisika verwys die term solenoïede na ’n draadspiraal, dikwels om ’n metaalkern gedraai, wat ’n magneetveld skep as ’n elektriese stroom daardeur gestuur word. Solenoïde is belangrik omdat hulle beheerde magneetvelde kan skep en as magnete gebruik kan word. Die term solenoïede verwys spesifiek na ’n magneet wat ontwerp is om ’n uniforme, ruimtelike magneetveld te skep.
Draai
Figuur 8.9: ’n Solenoïede
Die regterhandreël word gebruik om die rigting van die magneetveld van ’n solenoïede te bepaal. As jy jou vingers oor die spoel plaas, in die rigting van die stroomvloei, sal jou duim na die noordpool van die magneetveld wys. Die veld kan sterker gemaak word deur die aantal windings van die spoel meer te maak of die stroom te versterk.