Primêre selle Primêre selle lewer dadelik krag na vervaardiging. Wegdoenbare battery, ook primêre selle genoem, is bedoel om een keer gebruik en dan weggegooi te word. Hulle word die meeste gebruik in draagbare toestelle wat min krag trek, met tussenposes gebruik word of wat ver van ’n alternatiewe kragbron gebruik word soos in alarm- en kommunikasiebane waar ander elektriese krag net nou en dan beskikbaar is. Algemeen gebruikte wegdoenbare batterye sluit sink-koolstof- en alkaliese batterye in. Hulle het gewoonlik hoër energiedigthede as herlaaibare batterye, maar wegdoenbare batterye presteer nie goed as daar baie stroom getrek word nie.
Die tabel hieronder vergelyk die eienskappe van die vier algemeenste primêre selle. Sel
Sink-koolstof
Spanning Eienskappe 1,5 V
Gebruike
• Mees populêre sel • Spanning daal as stroom verhoog • Beste vir lae stroomgebruik • Goedkoop
Alkalies 1,5 V
• Spanning val nie baie wanneer in gebruik • Beter vir hoёr strome • Hou langer as sink-koolstofsel • Medium prys
Kwik
1,35 V • Spanning baie konstant tot ontlading • Goed vir lae stroomgebruik • Groot kapasiteit vir grootte • Lang raklewe • Duur
Sekondêre selle Sekondêre selle moet gelaai word voor gebruik. Hulle word gewoonlik vervaardig met die aktiewe materiale in die ontlaaide toestand. Herlaaibare batterye, of sekondêre selle, kan deur ’n elektriese stroom herlaai word wat die chemiese reaksies wat tydens gebruik verloop, omkeer. Toestelle wat die geskikte stroom voorsien, word (battery) laaiers genoem.
Lood-suurbattery Die oudste vorm van ’n herlaaibare battery is die lood- suurbattery, ’n soort nat sel.
Lood-suurbatterye bestaan uit ’n looddioksiedkatode, ’n sponsagtige loodmetaalanode en ’n swawelsuur- elektroliet. Hierdie swaarmetaalelement maak hulle toksies, en onbehoorlike wegdoening kan skadelik vir die omgewing wees. Die selspanning is 2 volt.
Figuur 4.3: Lood-suurbattery
Tydens ontlading reageer die looddioksied (positiewe plaat) en lood (negatiewe plaat) met die elektroliet (swawelsuur) om loodsulfaat, water en energie te vorm.
Wanneer die battery gelaai word, word die siklus omgekeer: die loodsulfaat en water word elektrochemies in lood, loodoksied en swawelsuur omgesit deur ’n eksterne elektriese laaier.