Prakties 3 Instruksies 1. Drade moet gesny en skoongemaak wees. 2. Teken ’n netjiese skaalskets van enige item van jou keuse wat die volgende aandui: • Boaansig • Vooraansig • Syaansig • Isometries
3. Dink versigtig oor waar die soldeerlaste moet wees (toon met ’n punt aan). 4. Die model moet nie groter as 200 mm × 200 mm wees nie. 5. Gebruik die skoon 0.5 mm soliede koperdraad en bou jou model volgens jou ontwerpplan.
6. As al die laste gesoldeer is, wys dit aan jou opvoeder vir assessering.
Slotsom Al die soldeerlaste moet glad en blink wees en behoorlik kontak maak.
Assessering • Al die laste is skoon, glad en sonder droë laste. (10) • Die meeste laste is skoon en glad en daar is min droë laste. (5) • Slegs ’n paar laste is skoon en glad en daar is volop droë laste. (2)
Prakties 4
Doelwit • Om enige soort soldeersuier doeltreffend te gebruik. • Om foutiewe komponente van ’n gedrukte stroombaan (PCB) te verwyder.
Materiaal en toerusting • 20-30 Watt soldeerbout • Soldeersel • Soldeersuier • Ou stuk PCB met komponente (10 cm × 10 cm)
Instruksies Om die soldeersuier en soldeerbout te gebruik om al die komponente van die PCB wat aan jou gegee is, te verwyder.
Slotsom Al die soldeersel is behoorlik van die soldeerlaste verwyder sonder enige gebreekte koperbane.
Assessering • Al die laste is netjies losgesuig en alle oortollige soldeersel is verwyder sonder enige gebreekte koperbane. (10)
• Die meeste losgemaakte laste is skoon en alle oortollige soldeersel is verwyder met net ’n paar gebreekte of gebrande koperbane. (5)
• Die laste is slordig losgesuig met baie gebreekte of gebrande koperbane. (2) 40