Elektriese Tegnologie Opsomming van geleiers en miniatuurstroombreker (MSB) se aanslae Stroombaan / Subbaan
Hooſtoevoer Stowe
Geisers Ligte
Muursokke Aktiwiteit 1
1. Wat is die belangrikste verskil tussen ’n 3-hitte- en ’n 5-hitte-stoofskakelaar? 2. Verduidelik kortliks die werking van ’n simmerstat. 3. Waar sal jy dubbelpool-stroombane (tweerigtingskakeling) gebruik en gee ’n rede vir jou antwoord.
4. Hoekom is dit so belangrik dat elektriese toestelle geaard moet wees? 5. Wys met behulp van ’n kringdiagram hoe ’n geiser ingeskakel word by die hooſtoevoer.
6. Wat is die verskil tussen die aardkonintuïteitgeleier, die aardgeleier en die aardelektrode?
7. Wat is die doel van ’n verdeelbord in ’n elektriese installasie? 8. ’n 3-hitte-stoof moet bedraad word. Teken ’n netjiese diagram van hierdie verbinding.
9. ’n Vriend nader jou met die volgende probleem. Sy kombuis beskik net oor een muursok. Hy benodig egter drie muursokke. Teken ’n diagram om addisionele muursokke by te voeg.
10. Teken ’n intermediêre stroombaan. Waar sal dit gebruik word? 11. Watter dikte draad moet vir die volgende installasies gebruik word? a) Stowe. b) Ligte. c) Hooſtoevoer.
12. Hoekom gebruik ons ’n dubbelpoolisolator in ’n geiser se sekondêre stroombaan?
13. In watter verband sal die ligte in ’n huis verbind wees en hoekom? 14. Hoekom is dit belangrik dat alle lewende drade deur ’n skakelaar in ’n muursok beheer word?
15. Party goedkoop huislampe gebruik ’n diode om ’n tweeposisie-lamp te verkry (helder en dof).
Helder Dof
Aan / Af
Verduidelik hoe die stroombaan in staat is om die gloeilamp dowwer en helderder te laat brand.
16. ’n Aardlekenheid is aangeslaan op 20 mA. Wat beteken dit?