As ons V in bostaande vergelyking vervang met V = I × R, dan is P = I × R × I P = I2
× R
As ons I ook in die oorspronklike vergelyking vervang met I = V , dan is R
P = V × V R
P = V2 R
Voorbeelde: 1. Bereken die krag wat verbruik word deur ’n stoof se element as die toevoerspanning na die element 240 V is en die stroom wat daardeur vloei 15 A is. P = V × I
= 240 × 15 = 3 600 W of 3,6 kilowatt (3,6 kW)
2. Bereken die krag wat verbruik word deur ’n 100 ohm-weerstand wanneer ’n stroom van 2,5 A daardeur vloei. P = I2
× R
= (2,5)2 = 625 W
× 100
3. Bereken die krag wat verbruik word deur ’n 1 000 ohm-weerstand wanneer dit verbind word met ’n kragtoevoer van 24 V. P = V2 R
= (24)2 1 000 = 0,576 W or 576 milliwatt (576 mW)
Aktiwiteit 1
1. Beskryf die struktuur van ’n atoom in terme van sy partikels. 2. Wat is ’n vrye elektron? 3. Wat laat elektriese stroom vloei? 4. In watter drie kategorieë kan stowwe volgens geleidingsvermoë ingedeel word?
5. Definieer ’n ampère. 6. Wat is die verskil tusen emk en pv? 7. Noem die faktore wat die weerstand van ’n geleier beïnvloed. 8. Wat verstaan jy onder spesifieke weerstand? 9. Bereken die weerstand van 100 m koperkabel met ’n deursnit van 6 mm. 10. Wat verstaan jy onder die term “temperatuur-koëffisient”? 11. Die silwerbane op ’n PC-bord het ’n weerstand van 0,5 Ω by 20 °C. Bereken die weerstand by 100 °C.