1. Wat is die doel van noodhulp by ongelukke en ongevalle? 2. Watter tipe vrae moet jy kan beantwoord as die noodgevalle-afdeling geskakel word?
3. Watter aspekte van ’n noodgeval moet eerste ’n noodhulpwerker se aandag kry?
4. ’n Werker val van ’n steier af en haal nie asem nie. Jy besef jy moet mond-tot- mond-asemhaling toepas. Beskryf kortliks hoe jy te werk sal gaan om dit te doen.
5. As noodhulpwerker moet jy iemand met ’n oop wond behandel. Beskryf kortliks watter voorsorgmaatreëls jy sal tref om enige Vigs-besmetting te voorkom.
6. Verduidelik kortliks wat jy onder die terme MIV/Vigs verstaan. Doen navorsing en verduidelik hoe die boubedryf/werkswinkel daardeur geraak word.
7. ’n Werker het elektriese toerusting gebruik wat onklaar geraak het. In ’n poging om die toerusting te herstel, skok die werker. Watter stappe moet gevolg word om die werker se lewe te red?
8. Beskryf kortliks hoe u pasiënte vir die volgende sal behandel: a. Hartaanval b. Uitwendige bloeding c. Wonde/snye d. Skok (bewusteloodheid).
Aktiwiteit 5
1. In ’n noodgeval in ’n elektriese werkswinkel moet sekere stappe gedoen word om die werkswinkel veilig te kan ontruim. Noem minstens vyf stappe vir ’n geslaagde ontruiming.
2. Verduidelik in eenvoudige stappe watter prosedure om te volg wanneer ’n onderhoudspan ’n defektiewe elektriese komponent in ’n fabriek moet vervang.
3. Hoekom moet jy in ’n goed-geventileerde vertrek werk wanneer jy ’n stroombaanbord ets?