Die aardkabel is die geleier tussen die aardelektrode en die verbruiker se aardterminaal. Die aardkabel moet van koper wees. Dit moet aan die aardelektrode verbind wees met koperklampe, koperboute en kopermoere.
Die aardelektrode is ’n geleier wat in die grond begrawe word om ’n deurlopende elektriese baan vir lekstroom te bied. Die elektrode word altyd naby ’n buitekraan ingeslaan, omdat die grond daar gewoonik klam is. Die aardelektrode moet van koper en minstens 1,5 m lank and 20 mm dik wees. Die pen word eenvoudig heeltemal in die grond ingeslaan en die aardkabel word met ’n geskikte klamp daaraan verbind.
Vereenvoudigde bedradingsdiagram
Die diagram hieronder toon ’n vereenvoudigde weergawe van wat jy in jou huis kan kry. Elke stroombaan word deur sy eie stroombreker beveilig. Daar is gewoonlik ’n verligtingstroombaan en ’n muursok op elke verdieping van ’n huis. In groter huise kan daar verskeie op elke verdieping wees.
’n Afsonderskakelaar is ’n eenvoudige soort skakeltuig wat gebruik word om dele van ’n stroombaan van die res van die stelsel af te sonder. ’n Afsonderskakelaar kan ’n eenvoudige messkakelaar, sonder voorsiening vir vinnige sluit-breekaksie wees, of dit kan ’n soliede koppeling wees wat uitgetrek kan word wanneer afsondering nodig is. Afsonderingskakelaars word gewoonlik in stoof- en warmwatersilinderstroombane gebruik.
Skakelstroombane Alle stroombane word parallel verbind sodat die volle toevoerspanning oor die toestel aangewend word wanneer dit aangeskakel word. Volgens die gebruikskode moet alle lewendige drade beheer word deur ’n skakelaar in die lewendige geleier. Die stroombane moet ook beskerming in die vorm van ’n stroombreker bevat.
Muursokke en sommige ligskakelaars maak van eenpool-eenslagskakelaars (EPES) gebruik. Daar is ’n verskeidenheid vorms en groottes. Die bedradingskode bepaal dat die lewendige draad deur middel van ’n skakelaar beheer moet word. Die stroombaan moet ook ’n beveiligingstoestel soos ’n stroombreker bevat.