Induktansie is ’n meting van die hoeveelheid teen-emk wat ’n spoel sal genereer en word in henry (H) gemeet.
Voorbeeld: Bereken die geïnduseerde emk in ’n spoel met ’n induktansie van 0,5 H wanneer die stroom in 0,05 sekondes van 5 A na 2 A verander word.
Gegee: t = 0,05 s i = 2 – 5 = –3 –L = 0,5 H
Emk (e) = –L × ∆i ∆t
= –0,5 × –3 0,05 = 30 volt
Wedersydse induktansie As daar ’n konstante stroom in die een spoel vloei, soos regs geïllustreer, word ’n magneetveld in die ander spoel geïnduseer. Maar aangesien daardie veld nie verander nie, sal daar volgens Faraday se wet geen spanning in die sekondêre spoel geïnduseer word nie. As die skakelaar egter oopgemaak word om die stroom te stop (middelste figuur), sal die magneetveld in die regterkantse spoel verander, en spanning sal geïnduseer word.
’n Spoel is ’n reaksionêre toestel – dit hou nie van verandering nie! Die geïnduseerde spanning sal ’n stroom laat vloei in die sekondêre spoel wat probeer om die magneetveld wat daar was, te behou. Die feit dat die geïnduseerde veld altyd die verandering teëstaan, is ’n voorbeeld van Lenz se wet.
Nadat die stroom onderbreek is en die skakelaar dan weer toegemaak word sodat die stroom weer vloei, soos in die figuur regs, sal ’n geïnduseerde stroom in die teenoorgestelde rigting daardie opbou van ’n magneetveld teëstaan.
Hierdie aanhoudende opwekking van spannings wat die verandering in die magneetveld teëstaan, is die funksionele beginsel van ’n transformator. Die feit dat ’n verandering in die stroom in een spoel die stroom en spanning in die ander spoel beïnvloed, word in die eienskap “wedersydse induktansie” gekwantifiseer.
Wedersydse induktansie: Transformator Hierdie koppeling tussen die primêre en die sekondêre wikkelings word die maklikste in terme van wedersyds induktansie beskryf. Die wedersydse induktansie verskyn in die stroombaanvergelykings van die transformator se primêre sowel as sy sekondêre stroombaan. Die WS-spanning op die primêre wikkeling sal ’n magneetveld in die primêre wikkeling (spoel) laat ontstaan. Hierdie magneetveld sal op sy beurt ’n WS-spanning in die sekondêre wikkeling (spoel) veroorsaak.