Kombinasietang Gebruik: Om voorwerpe mee vas te hou en voorwerpe of materiaal te sny. Word ook gebruik om veral draad te buig en vas te draai. Veilige gebruik: Vir gebruik met elektrisiteit, maak altyd seker dat die handvatsels goed geïsoleer is. Onderhoud en sorg: Omdat dit bewegende dele het, moet die kombinasietang gereeld geolie word. Maak ook seker dat die geïsoleerde handvatsels nie stukkend of gekraak is nie. Hou die tang skoon.
Geïsoleerde handvatsel Snykant Grypkake Figuur 2.3: Kombinasietang
Langneustang Funksie: Dit is ’n spesiale tang om voorwerpe vas te vat waar ruimte knap is. Kan ook dun draad sny, vasdraai of buig. Veilige gebruik: Vir gebruik met elektrisiteit, maak altyd seker dat die handvatsels goed geïsoleer is. Onderhoud en sorg: Wees versigtig om nie die tang te beskadig deur te dik draad of materiaal te knip nie. Omdat dit bewegende dele het, moet die tang gereeld geolie word. Maak ook seker dat die geïsoleerde handvatsels nie stukkend of gekraak is nie. Hou die tang skoon.
Geïsoleerde handvatsel Lang grypkake
2
Figuur 2.4: Langneustang
Kniptang Funksie: Hierdie spesiale tang word gebruik om draad of komponente se verbindings te knip. Veilige gebruik: Vir gebruik met elektrisiteit, maak altyd seker dat die handvatsels goed geïsoleer is. Onderhoud en sorg: Omdat dit bewegende dele het, moet die tang gereeld geolie word. Maak ook seker dat die geïsoleerde handvatsels nie stukkend of gekraak is nie. Hou die tang skoon.