Weerstandsnelskrif In stroombane word weerstandswaardes dikwels in ’n kodestelsel geskryf waarin desimale kommas vermy word, omdat ’n komma (of punt) maklik misgekyk word. Die letters R, K en M word in die plek van die desimale komma gebruik. Om die kode te lees, vervang jy die letter met ’n desimale komma, dan vermenigvuldig jy die waarde met 1 000 as die letter ’n K was, of met 1 000 000 as die letter ’n M was. Die letter R beteken maal met 1.
Voorbeeld: 560R beteken 560 Ω 2K7 beteken 2,7 k Ω = 2 700 Ω 39K beteken 39 k Ω 1M0 beteken 1,0 M Ω = 1 000 k Ω
Reëlbare weerstande
Bou Reëlbare weerstande bestaan uit ’n weerstandebaan met aansluitings aan elke kant en ’n glykontak wat teen die baan gly soos jy die spil draai. Die baan kan van koolstof, keramiek-/metaalmengsels (“cermets”) of ’n draadspoel (vir lae weerstande) gemaak wees. Die baan is gewoonlik rond, maar reguit bane (skuiwers) is ook beskikbaar.
Baan Gly- kontak
’n Reëlbare weerstand kan as ’n reostaat met twee aansluitings gebruik word (die glykontak en net een kant van die baan), of as ’n potensiometer met al drie aansluitings in gebruik. Miniatuurreostate word gemaak om stroombane te bou wat geen verdere verstelling nodig het nie (sogenaamde "presets").
Figuur 5.5: Verstelbare weerstand- konneksies
In boeke en katalogusse word reëlbare weerstande dikwels potensiometers genoem. Hulle word volgens hulle maksimum weerstand, lineêre of logaritmiese baan en fisiese grootte gespesifiseer. Die standaard dikte van die spil is 6 mm.
Die weerstand en tipe baan word op die romp aangedui. • 4K7 LIN beteken 4,7 k Ω lineêre baan. • 1 M LOG beteken 1 M Ω lineêre baan.
Figuur 5.6: Standaard reëlbare weerstand
Sommige reëlbare weerstande is ontwerp om direk op die kringkaart gemonteer te word, maar die meeste word gemonteer met gevlegte draad wat die aansluitpunte met die stroombaan verbind deur ’n gat op die kas wat die kaart bevat.
Lineêre (LIN) en logaritmiese (LOG) bane Lineêre (LIN) baan beteken dat die weerstand teen ’n konstante koers verander soos die glykontak aanskuif. Dit is die standaardopstelling, en tensy die soort baan vir ’n bepaalde projek gespesifiseer word, moet jy aanneem dat hierdie soort baan bedoel word. Voorafingestelde weerstande het altyd lineêre bane.
Logaritmiese (LOG) baan beteken dat die weerstand stadig aan een kant van die baan verander en vinnig aan die ander kant, dus is die helſte van die baan nie die helſte van die totale weerstand nie! Hierdie opstelling word vir klanksterktebeheer gebruik, want die menslike oor reageer logaritmies op klanksterkte; dus word fyn beheer (stadige verandering) by lae klanksterkte vereis en growwe beheer (vinnige verandering) by hoë klanksterkte. Dit is belangrik om die punte van die baan reg aan te sluit; as jy vind dat die klank vinnig harder word as jy die spil draai en daarna stadig, moet jy die verbindings met die baan omruil.