Die radiolugdraad Enige van bogenoemde kommunikasiestelsels sal net kan werk as hulle ’n lugdraad het om die seine uit te saai of te ontvang. Die lugdraad-deel van ’n radiostel is ’n kernbelangrike vereiste vir goeie ontvangs. Lugdrade is te kry in allerhande groottes en vorms, van ’n eenvoudige tuisgemaakte lugdraad tot ’n sweeplugdraad vir ’n motor, ’n eenvoudige opgevoude dipool of ’n Yagi-lugdraad buite op die dak vir amateurradio. As ontvanger onderskep die lugdraad die elektromagnetiese radiogolwe, wat op hulle beurt ’n geringe spanning in die lugdraad induseer, wat deur die versterker versterk kan word. As ’n sender sal dit ’n sterk radiofrekwensiestroom veroorsaak wat aan die terminale van dieselfde lugdraad aangelê kan word om dit in ’n elektromagnetiese golf (radiogolf) te omskep, wat die ruimte ingestuur word.
Ingestemde stroombane
Ons lugruim word oorspoel met radiogolwe wat teen allerhande frekwensies uitgesaai word. Hierdie frekwensies word almal deur die lugdraad opgevang, maar slegs een frekwensie word deur die radio opgevang. Jy, as eienaar van ’n draagbare radio moet die stelknop draai om jou gunstelingstasie op te vang. Daardie deel van die radio wat ons in staat stel om ’n bepaalde radiostasie op te vang, is die ingestemde stroombaan. ’n Ingestemde stroombaan kan bestaan uit ’n kapasitor en induktor wat in serie of parallel verbind is, soos aangetoon in Figuur 10.3 hierna. Al wat die ingestemde stroombaan doen, is om ’n bepaalde frekwensie deur te laat om versterk te word en sodoende alle ander frekwensies te blokkeer. Tegnies gesproke word die stroombaan toegelaat om te resoneer. In ’n serieverbinde, resoneerstroombaan is die stroom op sy sterkste teen die resoneerfrekwensie, en in ’n parallelverbinde resoneerstroombaan is die stroom op sy swakste teen die resoneerfrekwensie.
Het jy geweet? Die eerste
lugdraad is in 1888 gebou deur Heinrich
Hertz?
Figuur 10.8: Parallel- en series in ingestemde stroombane 195