Lugverkeerbeheer Lugverkeerbeheer het te doen met die veilige navigasie van alle handels- en privaat vliegtuie, groot of klein. Beheertorings moet die bewegings van duisende vliegtuie vir hulle eie veiligheid beheer, hulle op veilige afstande van mekaar hou, hulle rig tydens opstyging en landing by lughawens, hulle help om slegte weer te ontwyk en verseker dat die verkeer glad en sonder onderbrekings vloei.
Die lewensbelangrike kommunikasie tussen Figuur 10.5: Lugverkeerbeheerstelsel
vliegtuig en die lugbeheertoring vind plaas deur ’n tweerigting-radiostelsel. Lugbeheer werk gewoonlik in die ultrahoë bestek (30 MHz – 300 MHz). Lugbeheertorings maak gewoonlik gebruik van ’n enkele radiofrekwensie om met alle vliegtuie te kommunikeer, wat problematies kan wees, omdat loodse na al die gesprekke wat aan die gang is, moet luister. Die algemene posisie van ’n vliegtuig word bepaal deur ’n gesofistikeerde radarstelsel.
Telefoonstselsels Ons het hierbo oor eenrigting-kommunikasie gepraat, maar as ons oor ’n telefoon- of selfoonstelsel praat, dan bedoel ons ’n dubbele tweerigtingstelsel. In so ’n stelsel vind kommunikasie gelyktydig in beide rigtings plaas – van sender na ontvanger en terselfdertyd terug van die ontvanger na die sender, wat dit moontlik maak om ’n deurlopende gesprek te voer. Die gewone telefoonstelsel (landlyn) maak gebruik van oorhoofse drade of ondergrondse optiesevesel-kabels om seine te dra. Die gebruik van veseloptika het die spoed asook die omvang van oorgedraagde data baie vergroot.
Selfone Wanneer ons praat van selfone, bedoel ons ’n dupleks-tweerigting kommunikasie- stelsel. In so ’n stelsel vind kommunikasie in beide rigtings tegelyk plaas, d.w.s terseldertyd van sender na ontvanger, sodat ’n gesprek moontlik is. Draadlose kommunisietegnologie het ontwikkel van analoë na digitale stelsels met breër bandwydte, waar vinniger vierde-geslag (4G) digitale kommunikasiestelsels datatransmissie van tot 100 megabits per sekonde (Mbps) bied. Die selfone stel gebruikers in staat om draadlose kommunikasie op amper enige plek te gebruik. Baie besighede gebruik hierdie tegnologie, omdat hulle sake kan doen terwyl hulle op reis, tuis of buite die kantoor is. Selfone het laekrag-senders wat radioseine die ruimte in stuur; in die geval van selfone word hierdie golwe in die selfoontoring opgevang, wat dit dan weer na miskien nog ’n toring aanstuur voordat dit deur die ander selfoon of selfs ’n landlyn se senders opgevang word. Selfone werk in die ultrahoë-frekwensiebestek (300 MHz – 3 000 MHz) soos hierbo in die elektromagnetise spektrum gesien word.
Gemeenskapkommunikasie
Figuur 10.6: Klein amateurradio
192
Amateurradio Amateurradio is ook aan die toeneem as wêreldwye draadlose kommunikasie- middel. Dit word algemeen gebruik om mense van oraloor te ontmoet, om inligting uit te ruil, om groepbesprekings in verskillende lande te voer, en ook as nood-kommunikasiestelsel in geval van rampe. Die mense wat betrokke is by amateurradio word (in Engels) “hams” genoem. ’n Interessante feit oor hulle is dat jy gelisensieerd moet wees, m.a.w. ’n spesiale eksamen moet aflê voordat jy die luggolwe kan begin verken.