Driehitte-stoofskakelaar ’n Driehitte-stoofskakelaar stel ons in staat om vier moontlike skakelaarposisies te hê. Hierdie rangskikking word deesdae egter selde gebruik. ’n Driehitte- stoofskakelaarstelsel maak gebruik van twee elemente wat in verskillende kombinasies verbind word om jou vier hitteverstellings te gee. In praktiese demonstrasies kan die twee elemente deur twee gloeilampe verteenwoordig word.
Af: geen verbinding met elemente nie. Lae hitte: Die twee elemente van die stoofplaat word in serie verbind. Medium hitte: Net een van die twee plaatelemente is verbind. Hoë hitte: Die twee elemente van die stoofplaat word parallel verbind.
R1 Element R2 Element
6
AF
Rt
= 0Ω
LAAG
Rt
= R1
+ R2
MEDIUM
Rt = R2
HOOG Figuur 6.16: Skematiese voorstelling van ’n driehitte-stoofskakelaar
Toets om verskillende instellings te kry op ’n driehitte-stoofskakelaar Hierdie toets kan gedoen word met ’n multimeter of megger. Om die toets te kan doen moet die stoofskakelaars in die stroombaan wees. Maak asb. seker dat die stoof af is voordat hierdie toets gedoen word. Gebruik ’n multimeter/megger en meet die weerstand tussen lewend en neutraal vir die vier verskillende instellings van die stoofskakelaar. As die skakelaar in goeie werkende orde is kan jy die volgende lesing verwag: Verwys ook na Figuur 6.16. Af: Weerstand is nul. Laag: Weerstand is op sy hoogste. Medium: Weerstand is die helſte van die hoogste lesing. Hoog: Weerstand is die helſte van die medium lesing.