Soldeerbout Funksie: Soldeerboute word gebruik om elektroniese komponent aan Verobord of gedrukte stroombane te soldeer, of om elektriese drade te verbind. Veilig gebruik: Plaas ’n soldderbout altyd terug in sy staander na gebruik om brandwonde te vermy. Moet nooit die punt met die vingers aanraak nie. Onderhoud en sorg: Die soldeerbout moet afgeskakel word wanneer dit nie gebruik word nie. Vee die punt ook gereeld af met ’n klam lap of spons na gebruik.
Staander Hittebeheer Handvatsel Soldeerbout element Figuur 2.9: Soldeerbout
Soldeerselsuier Funksie: Hierdie spesiale werktuig suig oormatige soldeersel van lasse af of word gebruik om soldeersel te verwyder wanneer ’n komponent verwyder of vervang moet word. Veilige gebruik: Hou die suier weg van die gesig, want die plunjer kan jou daar tref as jy te naby is. Onderhoud en sorg: Die plastiekneus van die suier moet vervang word as dit verweer is en die suier se loop moet gereeld skoongemaak word.
Sneller Plastiekneus Geveerde plunjer Figuur 2.10: Soldeerselsuier
Vyle Funksie: Vyle word gebruik om kleiner hoeveelhede hout of metaal van voorwerpe te verwyder. Vyle is beskikbaar is ’n groot verskeidenheid vorms, groottes, grofeid en tandrangskikkings. Veilige gebruik: Gebruik altyd ’n vyl met ’n stewige handvatsel. Los of stukkende handvatsels kan gevaarlik wees want die skerp punt van die hef kan jou hand sny. Onderhoud en sorg: Maak seker dat vyle stewige handvatsels in ’n goeie toestand het.