Terwyl hy sy elektriese demonstrasie uitgevoer het, het Oersted tot sy verbasing opgemerk dat die kompasnaald telkens beweeg wanneer die krag aangeskakel word. Hy het niks daaroor gesê nie, maar in die maande daarna hard probeer om hierdie nuwe verskynsel te verklaar.
Wat Oersted gesien het Die naald is nie deur die draad aangetrek of afgestoot nie. In plaas daarvan het dit geneig om haaks daarmee te swaai.
Figuur 8.3: Oersted se eksperiment
Oersted het eksperimenteel bewys dat daar ’n besliste verband tussen stroom en magnetisme bestaan. Hy het bewys dat daar ’n magneetveld om elke stroomdraende geleier bestaan. Die rigting van die veld word deur die rigting van die stroom bepaal en die intensiteit daarvan deur die grootte van die stroom. Die eienskappe van die magneetveld wissel saam met die vorm van die geleier. Die patroon wat deur ’n reguit geleier gevorm word, verskil aansienlik van die patroon wat deur ’n solenoïed gevorm word.
Magneetveld om ’n reguit geleier Die magneet vloedlyne om ’n lang geleier wat ’n elektriese stroom dra, vorm konsentriese sirkels rondom die geleier. Die rigting van die magneetvloedlyne is loodreg op die draad en dit loop in die rigting waarin jou vingers sou buig as jy hulle om die geleier sou vou, met jou duim in die rigting van die stroom.
8
Magneet veld
Figuur 8.4: Magneetveld om ’n reguit geleier
Stroomnotasie Die rigting van die magneetveld om ’n stroomdraende geleier kan maklik bepaal word deur dit met ’n veerpyltjie te vergelyk. Wanneer jy ’n veerpyltjie gooi, sien jy net die agterkant in die vorm van ’n kruis, wat beteken dat die stroom weg van jou af vloei, in die bladsy in. As jy die regterhandreël toepas, sien jy dat die magneetveld kloksgewys (regsom) om die geleier vloei.
Kloksgewyse magneetveld
Stroom wat die bladsy binnevloei word deur n kruis aangedui