• Bedek enige snye op jou hande of enige ander plek met ’n waterdigte plastiekpleister
• Wees versigtig om nie jouself te beseer terwyl jy noodhulp toepas nie • Gebruik ’n gesigmasker en ’n bril of ’n skermbril waar moontlik • Gooi enigiets waarop daar bloedvlekke is in ’n plastieksak • Maak seker dat ander persone nie aan die bloed raak nie • Was jou hande vir twee minute met warm water en seep • Gebruik ’n weggooibare KPR-masker wanneer mond-tot-mond asemhaling toegepas word.
1
Figuur 1.6: ’n KPR-masker
Figuur 1.7: Was jou hande nadat enige tipe noodhulp toegepas is
Soorte beserings en ongevalle
Elektriese skokke ’n Elektriese skok vind plaas wanneer ’n elektriese stroom deur die menslike liggaam vloei. Die menslike liggaam bestaan uit sowat 60% water, wat dit ’n goeie geleier van elektrisiteit maak. Elektriese skokke kan brandwonde, hartritmeprobleme, skade aan inwendige organe of selfs die dood veroorsaak.
Oorsake van elektriese skok Figuur 1.8: Weerligstraal
’n Mens kan geskok word deur: • Aan ’n bron van hoë spanning (meer as 1000 V) te raak, byvoorbeeld hoogspanningsdrade wat deur ’n storm losgeruk is
• Aan ’n bron van lae spanning (minder as 1000 V) te raak, byvoorbeeld ’n elektriese sok of verslete of kaal elektriese drade
• Water en elektrisiteit te meng • Deur weerlig raakgeslaan te word.
Tekens en simptome van elektriese skok
Hoe ernstig die elektriese skok is, sal afang van die spannings-/stroombron, die pad van die stroom deur die liggaam en hoe gou die persoon behandel word. Die volgende tekens en simptome kan na ’n elektriese skok voorkom: • Hartversaking • Prikkeling of tinteling, gevoelloosheid • Asemhalingsprobleme • Spierpyn en spiersametrekkings • Bewusteloosheid • Brandwonde by die kontakpunt • Toevalle
Het jy geweet? ’n weerligstraal
kan tot 30 miljoen volt sterk wees.
Let wel
Moet nooit aan iemand raak wat elektries geskok word nie