Kragtransformators: Hierdie transformators kan die toevoerspanning óf verhoog óf verlaag. Hulle kom gewoonlik in kragtoevoer-stroombane voor. Die grootte van die sekondêre spanning word bepaal deur die aantal windings in elke sekondêre spoel. Die verhouding tussen die aantal windings op die primêre en sekondêre spoele word die windingsverhouding genoem. ’n Verlagingstransformator het minder sekondêre windings en die sekondêre stroomvloei is groter as die primêre stroom, dus bestaan die primêre spoel uit dunner draad as die sekondêre spoel, wat ’n sterker stroom moet hanteer. Die stroom in ’n transformator is omgekeerd eweredig aan die spanning en die aantal windings.
Transformators se windingverhoudings Die verhouding tussen die getal windings in die primêre en sekondêre spoele van ’n transformator staan bekend as die windingverhouding. Dit beteken dat die verhouding tussen die insetspanning en die getal windings op die primêre spoel dieselfde is as die uitsetspanning en die sekondêre spoel. Die volgende vergelyking kan dus opgestel word:
VS = NS VP NP
Net soos die potensiaalverskil deur ’n transformator verhoog word, word die stroom proporsioneel verlaag, en omgekeerd. VS =
VP NP
NS = IS IP
Daar is twee soorte transformators: die kerntipe en die manteltipe.