1. Noem enige vyf energiebronne. 2. Wat is ’n battery? 3. Wat is die verskil tussen primêre en sekondêre batterye? 4. Noem die voor- en nadele van die lood-suurbattery. 5. Wat is ’n diep-siklusbattery? 6. Wat is Ni-Cds? 7. Wat is ’n Ni-MH? 8. Wat is Li-ioon? 9. Verduidelik hoe batterye aangeslaan word (rated). 10. Wat is die uitwerking van interne weerstand op ’n battery? 11. Wat is sonselle? 12. Wat beteken die term: “interne weerstand”? 13. Noem drie gebruike vir sonpanele. 14. ’n Battery het ’n emk van 24 V. Wanneer dit ’n kringbaanstroom van 0,075 A lewer, val die poolspanning na 22 V. Bereken die waarde van die batterye se interne weerstand.
15. Verduidelik kortliks die verskil tussen elektromotoriese krag (emk) en potensiaalverskil (PV).
16. Nikkel-kadmium- (Ni-Cd-) batterye is baie populêr in die moderne elektroniese bedryf. Hoekom is dit so? Gee vyf aanwendinge van hierdie soort battery.
17. Vier selle, elk met ’n emk van 2 V, word in parallel gekoppel. ’n Stroom van 0.65 ampère vloei indien die selle gekoppel word aan ’n las van 3 ohm. Bereken die interne weerstand van elke sel.
18. Batterye is ’n baie goeie bron van elektriese energie. Noem enige vyf ander bronne van energie.
19. Noem die voor- en nadele om selle in serie of parallel te skakel. 20. Teken ’n netjiese blokdiagram met byskriſte van ’n eenvoudige kragtoevoer. 21. Wat is die funksie van die gelykrigter en afvlakking/filtrering-kring? 22. Wat is fout in die stroombaan hieronder?
23. Die emk van ’n sekere sel is gemeet op 1,5 V. Toe ’n 2-ohm resistor oor die terminale van ’n battery verbind is, is ’n stroom van 0.6 A gemeet. Bereken: i) die interne weerstand van die sel. ii) die terminaalspanning met die 2 ohm resistor verbind.
24. Bereken die terminaalspanning van ’n sel met ’n emk van 1.5 V en ’n interne weerstand van 0.5 ohm en wat stroom van 0.3 A lewer. Bereken ook die waarde van die lasresistor wat hierdie stroom laat vloei.
25. Drie selle, elk met ’n emf of 1.5 V en interne weerstand van 0.5 ohm, is in parallel met ’n resistor van 8 ohm oor die battery verbind. Bereken: i) die stroom deur die eksterne resistor. ii) die stroom deur elke sel gelewer. iii) die terminal se potensiaalval.