Uitset-Boole-uitdrukking Q = A + B word uitgespreek as “nie A OF B nie” (ook as “A OF B omgekeerd).
Kombinasies van logika hekke Tot dusver het ons net gekyk na die werking van individuele logika hekke. Dit is egter ook moontlik om logika hekke te kombineer om besondere logika take te verrig. Kom ons kyk eers na een of twee sulke gekombineerde bane. Dit is belangrik om eers die getal insette te bepaal sodat die waarheidstabel opgestel kan word. Die waarheidstabelle van hierdie gekombineerde bane word dan voltooi deur elke waarheidstabel wat in die hek-kombinasie verteenwoordig is deur te werk.