Die amp-uur is ’n eenheid van ’n battery se energiekapasiteit en staan gelyk aan die hoeveelheid deurlopende stroom wat ’n battery kan lewer totdat sy interne voorraad chemiese energie uitgeput is.
Gelykstroom (in amp) = Laai-/ontlaaityd = Amp-uuraanslag
Laai-/ontlaaityd (in uur) Amp-uuraanslag
Gelykstroom (in amp)
’n Amp-uuraanslag is bloot ’n benadering van die battery se ladingskapasiteit en is slegs betroubaar vir die stroomvlak of tyd wat deur die vervaardiger gespesifiseer is. So ’n aanslag kan nie akkuraat vir baie hoë stroom of lang tye gebruik word nie.
Interne weerstand
Interne weerstand in ’n chemiese sel is hoofsaaklik die gevolg van die weerstand van die elektroliet tussen die elektrodes. Enige stroom in die battery moet deur die interne weerstand vloei.
Die interne weerstand is in serie met die battery se spanning en veroorsaak ’n interne spanningsval. As daar geen stroom vloei nie, is die spanningsval nul; die volle batteryspanning heers dus oor die uitgangsterminale (VB
).
Die spanning wat oor die batteryterminale gemeet word as daar geen stroom vloei nie, word die elektromotoriese krag (emk) genoem.
As daar ’n las op die battery geplaas word, is die lasweerstand (RL) in serie met die interne weerstand (Ri). As daar stroom in die baan vloei (IL), verminder die interne spanningsval (ILRi) die terminaalspanning.
Hierdie spanning wat oor die batteryterminale gemeet word terwyl daar stroom vloei, word die potensiaalverskil (pv) genoem.
Interne spanningsval van die battery soos getoon in die vergelyking. Interne weerstand verminder dus beide die stroom en die spanning wat vir die las beskikbaar is.
IL Ri RL VB VL Terminaalspanning VB Nullasspanning
Figuur 4.8: emk en pv spanning VL
= VB – ILRi
waar VL = Pd en VB = emk Pd = emf – ILRi
71 Ri VB Geen las spanning
emk Die elektromotoriese krag (emk) is die maksimum potensiaal verskil tussen twee elektrodes van ’n sel of battery.