Die doel van die stroombreker (of sekering) is om die stroombane te breek wanneer te veel stroom deur die kring getrek word. Dit behoort net te gebeur as te veel toestelle met die stroombaan verbind is en tegelykertyd baie krag trek.
Plaaslike owerheid se stroombreker kWh-meter
6
Lewendig Neutraal
Na verdeelbord
Drukmoer Kabel
Figuur 6.2: Elektriese konneksies aan kWh-meter Aardverbinding
’n Aardverbinding vir elke installasie is belangrik omdat dit verhoed dat mens of dier doodgeskok word deur lekstrome, statiese elektrisiteit of selfs weerlig. ’n Toestel word as geaard beskou wanneer alle metaaldele daarvan wat nie stroom dra nie aan die aardmassa verbind is.
Verdeelbord Aardgeleier Aardverbinding
Meterkas Aardverbinding
Aardelektrode Figuur 6.3: Aardverbinding
As ’n lewendige draad (geleier) die metaalraam van ’n toestel aanraak, word al die metaal dele “lewendig”. As ’n persoon, veral kaalvoet op ’n nat vloer, nou aan die toestel raak, kan hy of sy ’n skok kry wat tot ernstige beserings of selfs die dood kan lei. ’n Doeltreffende aardverbinding het drie elemente: • Die deurlopende aardverbinding • Die aardkabel en • Die aardelektrode.
Die deurlopende aardverbinding verbind al die blootgestelde dele van ’n installasie aan die verbruiker se aardterminaal. Enige goedgekeurde geleier kan hiervoor gebruik word.