Elektroniese komponente 11. Die figuur hieronder wys ’n eenvoudige eksperiment met kapasitors.
5
Bestudeer die figuur en beantwoord die ooreenstemmende vrae. a) Wat sal gebeur as die skakelaar na poisisie S2 verander word? b) Noem die twee hoeveelhede wat die laaitempo van die stroombaan bepaal.
c) Wanneer die skakelaar na posisie S1 verander word, sal die kapasitor begin laai?
12. Die diagram hieronder toon die laaigrafieke van die stroombaan. Bespreek die laaiproses van die kapasitor in die stroombaan punt vir punt en chronologies volgens die grafieke wat hieronder aangegee is.
Tyd in sekondes
13. Wat verstaan jy onder die term “dotering” met verwysing na halfgeleiers? 14. Bespreek kortliks hoe N-tipe materiaal gevorm word. 15. Verduidelik die werking van ’n diode met verwysing na voorwaartse en terugwaartse geneigdheid.
16. Wat is ’n LED? Teken die IEK-simbool vir ’n LED. 17. Hoekom het ons altyd ’n series-weerstand in ’n LED-baan nodig? 18. Jy wil ’n LED met ’n bedryfspanning van 1,5 V teen 0,25 A aan ’n 9 V-bron kappel. Bereken die grootte van die series-weerstand wat nodig sal wees vir die LED om behoorlik te werk.
19. Teken die IEK-simbool vir ’n NPN-transistor. 20. Watter spannings is nodig om ’n NPN-transistor ’n voorwaartse neiging te gee?
21. Verduidelik met behulp van ’n eenvoudige diagram hoe ’n transistor as ’n versterker gebruik kan word.
22. Noem die drie areas waarin ’n transistor kan werk en verduidelik wat met elk bedoel word.
23. Verduidelik met behulp van ’n eenvoudige tekening hoe ’n NPN-transistor werk.
24 Gee die simbole van die volgende elektroniese komponente: i) Vastewaarde-kapasitor. ii) Ingestelde reëlbare weerstand (potensiometer).