Zener-diodes kan van gewone diodes onderskei word deur hulle kode en die deurbreekspanning, wat daarop gedruk staan. Zener-diodekodes begin met BZX... of BZY... In hulle deurbreekspanning staan daar ’n V in die plek van die desimale komma, dus beteken 4V7 byvoorbeeld 4,7 V. Zenerdiodes word volgens hulle deurbreekspanning en maksimum krag aangeslaan.
Die minimum beskikbare spanning is 2,4 V. Aangeslane vermoëns van 400 mW en 1,3 W is van die algemeenstes.
Glimdiode (LED)
Funksie LED’s straal lig uit wanneer daar ’n elektriese stroom deur hulle vloei. Vir ’n LED word die P-N-voegvlak van ’n halfgeleiermengsel genaamd galliumarseniedfosfied gemaak. Deur die mengsel van die halfgeleier te verander, kan verskillende kleure verkry word.
Voorbeeld
A K
Figuur 5.41 (a): Glimdiode (LED) Stroombaansimbool
Anode
Katode Figuur 5.41 (b): Simbool vir LED
Verbinding en soldering LED’s moet in die regte rigting verbind word. Die katode is die kort draad, en die romp van ’n ronde LED kan effens afgeplat wees. As jy in die LED kan inkyk, is die katode die grootste elektrode (maar dis nie ’n amptelike identifikasiemetode nie). Wanneer ’n LED teenvoorgespan is, sal dit soos ’n gewone silikondiode werk en nie stroom deurlaat nie. Die standaard-LED het ’n spanning van 1,6 V tot 1,8 V nodig voordat dit meevoorgespan is en begin lig uitstraal.
LED’s kan deur hitte tydens soldering beskadig word, maar die risiko is gering tensy jy baie stadig werk. Geen spesiale maatreëls hoef vir die soldering van die meeste LED’s getref te word nie.
Toets van ’n LED Moet nooit ’n LED direk met ’n battery of kragtoevoer verbind nie! Dit sal feitlik dadelik vernietig word, omdat te veel stroom daardeur sal vloei en dit sal uitbrand. LED’s moet in serie met ’n weerstand verbind word om die stroom tot ’n veilige waarde te beperk. As jou toevoerspanning 12 V is, is ’n weerstand van 1 kΩ vir die meeste LED’s voldoende vir ’n vinnige toets.
Onthou om die LED in die regte rigting te verbind! Figuur 5.42: Eenvoudige LED-stroombaan Figuur 5.43: Verskillende LED-kleure 104
Kleure van LED’s LED’s is in rooi, oranje, amber, geel, groen, blou en wit verkrygbaar. Blou en wit LED’s is baie duurder as die ander kleure. ’n LED se kleur word deur die halfgeleiermateriaal bepaal, nie deur die kleur van die "verpakking" (die plastiekdoppie) nie. LED’s van alle kleure kan met kleurlose doppies gelewer word wat diffuus (melkerig) of helder is (soms as "waterhelder" beskryf). Die gekleurde verpakkings kan ook as diffuus (die standaardtipe) of deursigtig verkry word.