Elektriese Tegnologie Ohm se wet in kombinasiebane
Daar is twee basiese soorte serie-parallelbane: een waarin ’n weerstand in serie met ’n parallelkombinasie verbind is en een waarin een of meer takke van ’n parallelbaan uit weerstande in serie bestaan.
Kom ons kyk na die onderstaande eenvoudige serie-parallelbaan: Ons wil elke stroom deur en spanning oor elkeen van die weerstande bepaal en die stroom wat uit die toevoer getrek word.
A It R1 = 6 Ω I1 R2 = 8 Ω 12 V R3 = 4 Ω B Met die eerste oogopslag lyk dit na ’n ingewikkelde opdrag, maar van nader beskou
sien ons dat die twee weerstande R2 en R3 in ’n serie-kombinasie verbind is; ons kan hulle dus bymekaartel, en die gevolglike weerstand is dan:
Rst1 = R2 + R3 = 8 Ω + 4 Ω = 12 Ω
Dus kan ons die twee weerstande R2 en R3 met ’n enkele weerstand vervang, “R serie totaal een” (Rst1) met ’n waarde van 12 Ω: